Ek praat met jou; sal jy nou luister?

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Hierdie boodskap kom van Jesus af; dis nie my eie nie, maar dis so ‘n belangrike een dat ek dit moes vertaal om dit vir julle te bring.

Vat hierdie boodskap van die Een wat jou meer lief het as wat jy ooit sal besef. Moet dit nie bevraagteken nie, asseblief. Mag Jesus almal van julle seën!

My klein duifie; die juweel van my hart. Ek praat met jou oor hierdie kanaal. Jy is hierheen gebring deur My hand en My voorsiening. Jy is My seun en My Dogter vir wie Ek my dienaar gebruik om met jou op hierdie oomblik te praat.

Ek weet wat jy dink: praat Hy met my? Ja, Ek praat nou met jou in jou kar, in jou slaapkamer, by die bushalte, by jou werkplek. My geliefde moenie dit oorslaan nie, want hierdie boodskap dit is dalk jou laaste kans… Hoor My duidelik, want Ek wil hê jy moet weet dat Ek lief is vir vir jou.

Ek weet dat liefde nie ‘n maklike konsep vir jou is nie, want jy het ‘n rowwe tyd in hierdie lewe gehad. Jou ouers kon nie liefde aan jou bewys nie en jy het daardie gaping gevul met wat ook al die wêreld jou aangebied het as ‘n ontsnapping, maar Ek wil hê jy moet weet dat Ek jou nooit alleen gelaat het nie; Ek het elke minuut oor jou gewaak. Jy het jou deur menigte situasies wat net hopeloos gelyk het gedra, en Ek het dit gedoen omdat Ek lief is vir jou en vir jou omgee.

Wat ek aan jou wil oordra is om My nou te kies, want hy het al klaar alles anders probeer wat die wêreld jou gebied het. Elke jaar het jy ‘n nuwe ding ontdek om jou gedagtes besig te hou en vir ‘n tyd lank het het gewerk, maar daarna het die leegheid en die verlange na vervulling maar net weer teruggekeer en dan wonder jy wat die doel van die lewe is. Dis Ek wat daardie verlange in jou lewe gesit het. Ek het jou so gemaak sodat jy ‘n konstante verlange na My moet hê soos die lig van ‘n vuurtoring in die donker.

Ek het jou geskep my My eie hande en Ek het die die asem van die lewe in jou neus geblaas toe jy nog in die baarmoeder van jou moeder was. Ek het jou geken nog voor Ek die fondasies van hierdie wêreld bepaal het. Wil jy graag weet wat ware geluk is? Of wat daarvan as Ek daardie gewig wat jy al so lank saam met jou dra, van jou skouers afhaal? Hierdie is maar net ‘n voorsmakie van wat Ek vir jou kan doen. Die voorwaarde is dat jy My kies; die Een wat jou liefhet soos niemand anders kan nie; die Een wat op die kruis gesterf het vir jou. Ek sal dit alles en nog baie meer vir jou doen as jy net vir My “Ja” sal sê uit jou eie vrye wil; want wat is ware liefde sonder die vryheid van keuse?

My kleine duifie; Ek wag vir jou om My te soek en My te vind; te klop sodat Ek vir jou kan oopmaak en Ek vir jou kan wys net hoe lief Ek jou het. Daar is geen rede vir jou om te smeek nie. Ek smeek elke dag by my Vader om Sy woede oor hierdie wêreld nog net ‘n rukkie terug te hou. Nou smeek Ek by jou om na My te kom voor hierdie deur toemaak. Sê vir My hoe jammer jy is en Ek sal jou vergewe. Jy sal dan saam met My in die Hemel wees vir altyd. Vra vir vergifnis en dit sal aan jou gegee word in oormaat, volgestop en ingedruk! Ek sal dan voor My Vader dans van blydskap omdat Hy het nog een aan My gegee; gered uit die kloue van die donker een. Ek het die nege-en-negentig gelos om jou te kom soek en Ek het jou gevind!

Ek sal dan dadelik begin om jou huis in die Hemel te bou en te versier en alles sal wees soos jy daarvan hou; in afwagting vir die dag as jy huis toe kom. Ek sal jou ‘n lewe van vervulling gee; ‘n lewe wat ‘n doel het. Draai jou rug op hierdie wêreld, want dit het niks om jou te bied nie. Ek waarborg jou dat as jy dit doen, jy ‘n lewe sal hê wat jy nog altyd van gedroom het.

Hou op om te sê dat jy nie belangstel nie, want Ek stel belang in jou. Jy is presies die een vir wie Ek op die kruis gesterf het. Ek het jou gesien toe ek daar gehang het. Ek het ook al die sonde in jou lewe gesien, maar Ek is nog steeds lief vir jou.

Dink jy nog steeds dat jy erger af sal wees as iemand wat voorgee dat hy ‘n gelukkig lewe het; ‘n goeie werk, mooi huis en ‘n droom familie? Voorwaar, Ek sê vir jou dat die sonde van daardie mense soos ‘n dik laag vuilis voor My is. As hulle na My toe sal kom en vra vir vergifnis, dan sal Ek dit vir hulle ook gee, want hy van wie baie vergewe is, gaan baie hê voor dankbaar te wees.

Het ek jou nou genoeg gesmeek? Wil jy hê dat Ek nog meer moet smeek? My geliefde seun en My geliefde dogter; die tyd is min en Ek gaan binnekort terugkom. Kies om My te volg nou en moenie meer uitstel nie.

Die Een wat jou bo alles lief het. Jesus van Nasaret.

(Visited 85 times, 1 visits today)
Tagged , , , .