Ons tyd is so min…

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Liewe Kinders van die HERE; ons tyd is bykans om…

Die HERE stel die wegraping doelbewus uit om verskeie redes. Eerstens om ons geloof te toets om te wag op Hom vir die perfekte tyd en tweedens om soveel as moontlik mense die kans te gee om gereed te maak.

Ongelukkig het baie van julle moeg geword in die gees en wonder julle waarom julle nog baklei. Die HERE neem jou glad nie kwalik nie. Niemand weet meer hoe vel die opposisie teen ons is in hierdie laaste van minute as net die HERE nie. Daarom wil ek julle vandag versterk met die woorde dat dit nog net ‘n klein rukkie gaan wees. Moet daarom nou moed opgee nie…

Ek wil hê dat julle moet verstaan dan Jesus baie geduldig met ons is, maar as God die Vader besluit dat die tyd gekom het, gaan jou tyd om reg te maak om wees. Dan gaan daar geen meer tyd gegun word nie. Moet dus nie die tyd wat jy het mors op onbenullighede nie! Gebruik hierdie tyd om al die stukkende dinge in jou lewe reg te maak sodat jy ten volle gereed sal wees om hierdie lewe af te sluit en die ewigheid te begin.

Verstaan dat as hierdie lewe op hierdie aarde verby is, dan gaan jy dit nooit weer oor kan hê nie. Die kanse wat jy laat verby gaan het sal vir altyd verby wees. Die kere wat jy die HERE beter kom leer ken het gaan dan ook verby wees. Verstaan julle waarvan ek praat!

Paulus skryf in Hebreërs 12:1-2 die volgende: [1]  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, [2]  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.”

Dra jou kruis in hierdie laaste tyd met waardigheid tot die dag dat die HERE dit van jou skouers kom aflig en sê: “Dis nou verby!” As daar iemand is wat jy ‘n probleem mee het, gaan maak dat daardie probleem reg! Dit maak nie saak of jy die skuldige is of nie. Maak reg wat stukkend is, want jy gaan nooit weer die geleentheid hê om dit te doen nie. Hardloop die wedloop met trots en sorg dat jy daardie wenstreep met trots oorsteek.

Doen alles wat jy dus doen met trots vir die HERE en wees gereed om enige tyd geneem te word. Moenie toelaat dat jy ontstel word en sondig nie. Vra vergifnis vir jou oortredinge so gereeld soos wat jy kan. Daardie basuin kan enige oomblik blaas en dan gaan die tyd om wees!

Prys die Naam van Jesus!

image_pdfLaai afimage_printDruk
Tagged , , , , , .