Spandeer jou tyd met wysheid

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Die wêreld gaan aanhou om jou te laat omkyk na jou verlede en daar gaan aangehou word om al die foute wat jy gemaak het aan jou uit te wys. As Christene moet ons die verlede ignoreer en net op die toekoms konsentreer.

As jy op jou verlede konsentreer, dan gaan jy net depressief word en jy gaan vasgevang word in jou verlede. Baie van die dinge wat ons nou doen is omdat ons aan ons toekoms dink en omdat ons wonder hoe die toekoms saam met Jesus gaan wees. Alles wat ons nou doen, gaan ons of oor spyt wees of dit gaan vrug voortbring wat beloon gaan word. Op daardie dag wat ons die HERE gaan ontmoet, oor hoeveel dinge wat ons gedoen het gaan ons spyt oor wees en hoeveel oor hoeveel dinge gaan ons dankbaar wees?

Ons almal het al dinge gekoop waaroor ons spyt is en dan dink ons wat ‘n mors van geld dit was. Dink nou ‘n bietjie wat jy gaan sê aan die einde as jy voor die HERE staan. Gaan jy spyt wees oor die motor wat jy gekoop het, die huis wat jy gekoop het, die klere wat jy gedra het? Wat van jou tyd? Gaan jy spyt wees hoe jy jou tyd bestee of gemors het? Gaan jy bly wees oor die sewe duisend flieks wat jy kon kyk of gaan jy spyt wees dat jy so baie tyd daarop gemors het?

Ons almal het al ‘n tou gesien. Baie keer sal die vervaardiger ‘n gekleurde omhulsel aan die punte van die tou sit om te keer dat die ente uitrafel. Stel jou voor ons rol die tou geheel en al af en stel jou dan voor die tou het geen einde nie. Kom ons sê die tou gaan ‘n paar keer om die wêreld en hou dan vir altyd aan. Ek weet dis ‘n bietjie vergesog, maar hou net aan en julle sal sien waarheen ek op pad is.

Stel jou nou voor dat hierdie tou ‘n tydlyn is van jou hele bestaan. Onthou, dit hou aan vir ewig. Nou kyk ons na daardie omhulsel wat die vervaardiger aan die begin van die tou gesit het. Daardie omhulsel stel ons lewens op aarde voor. Soos julle seker kan voorstel is die omhulsel ‘n baie klein gedeelte van die tou! Ons het ‘n paar kort jare op aarde en dan volg die res van die tou wat die ewigheid voorstel iewers anders.

Wat so skokkend is, is dat ongelooflik baie mense net dink aan die kort omhulsel gedeelte van die hele tou. Hulle is totaal obsessief daarmee en hulle kan nie wag tot hulle amper aan die einde van die omhulsel kom sodat hulle kan aftree nie. Hulle spaar elke sent wat hulle verdien sodat hulle in totale gemak kan lewe vir die laaste vyf millimeter wat van die omhulsel oorbly! Hulle beplan hoe baie hulle gaan reis, die plekke wat hulle gaan besoek en die vakansies wat hulle gaan geniet en hulle is totaal manies daaroor.

Rêrig?! Maak jy ‘n grap? Wat van die res van die tou wat die ewigheid is? Die Bybel leer vir ons dat dit wat ons gedurende die omhulsel gedeelte van die tou in ons lewens doen, bepaal hoe ons gaan bestaan vir miljoene en miljoene jare daarna. Die omhulsel gedeelte bepaal jou rangorde in die Hemel, waar jy gaan woon en hoe ver van die Troon van die HERE af jy die ewigheid gaan deurbring. En jy is bekommerd oor die laaste vyf millimeter van die omhulsel? Om watter rede dal jy so baie tyd wil mors op die laaste vyf millimeter van die omhulsel gedeelte as daar so baie voorlê?

Wanneer jy die eindstreep oorsteek, dis nou wanneer jy van die omhulsel van die tou oorgaan na waar die tou werklik begin, dan gaan jy voor die HERE staan. Dan gaan jy die omhulsel gedeelte van die tou wat jou aardse bestaan was, nooit weer oor kan hê nie. Dit gaan tyd wees wat jy of goed gespandeer het of dit gaan tyd wees waaroor jy spyt gaan wees dat jy so baie daarvan gemors het! Verstaan julle?

Nog erger is dat die omhulsel gedeelte van elke tou nie almal dieselfde lengte het nie. Party is baie lank en ander is weer baie kort. Die omhulsel gedeelte van die tou kan dus enige tyd eindig en alles wat jy beplan het vir daardie laaste vyf millimeter kan dan verniet wees! Nie een van ons weet wanneer ons tyd op aarde tot ‘n einde gaan kom en wanneer jy met die ewigheid begin nie.

Mense kyk partykeer na my finansiële besluite en dink: “Sjoe, maar jy was dom om sulke besluite te maak!” Ek kyk na hulle en dink dat hulle dom is want my besluite affekteer net die omhulsel gedeelte van die tou! Die dommes is die wat halsstarrig aan die wêreldse dinge vasklou; die wat net vir die omhulsel gedeelte van die tou lewe, want hulle besluite affekteer die hele lengte van die tou! Niemand dink aan die res van die tou en die miljoene en miljoen jare wat daarna gaan volg nie. Die wol word so oor mense se oë getrek dat dit net nie snaaks is nie!

Paulus sê in Filippense 3:14  “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.” Dit moet ons doel as Christene wees en nie om bekommerd te wees oor die omhulsel gedeelte van die tou nie!

Vergeet wat agter jou is, liewe Kind van die HERE en konsentreer op die toekoms. Die toekoms in die ewigheid saam met Hom wat ons gemaak het! Daardie laaste vyf millimeter van die tou wat jou aftrede is, is geensins belangrik nie! Dis ‘n oogknip, dan is dit verby en gaan ons die ewigheid in wat vir miljoene en miljoene jare gaan aanhou.

Prys die Naam van die HERE!

(Visited 132 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .