Toe jy vir My gekies het

‘n Liefdesbrief van Jesus aan Sy Bruid.

Ek wens daar was ‘n manier dat ek in woorde kan omsit die liefde wat Jesus vir elkeen van ons voel… Ons is almal op aarde om een keuse te maak en daardie keuse is om te kies wie ons wil aanbid en elkeen gaan daardie keuse maak; party gou; ander eers later. Sommige gaan verkeerd kies en daaraan kan ons niks doen nie, want dis die een keuse wat elkeen vir homself moet maak en niemand kan jou daarmee help nie.

Dit maak die dag toe jy vir Jesus gekies het soveel meer spesiaal! Jy het vir Jesus gekies uit die vryheid van jou eie keuse! Die skepping het uit eie vrye keuse besluit om terug te keer na die Skepper! Daardie dag het tyd vir Jesus stil gestaan. Sy Vader Hart het met trots geklop en die engele het halleluja gesing!

Jesus wys elke dag hoe lief Hy jou het op verskillende maniere. Soms met ‘n mooi sonsondergang, soms met ‘n voëltjie wat sing, soms deur die Heilige Gees wat oor jou kom. Hy het jou oneindig baie lief, meer as wat jy ooit in woorde sal kan uitdruk en jy mag dit nooit vergeet nie!

Dink jy dat Jesus vir jou sal jok of jou ego sal streel? Dink jy Jesus het bymotiewe in Sy hart of dat Hy jou miskien manipuleer? Nee, natuurlik nie, maar Hy weet hoe om met ons te praat en hoe om ons aandag te kry en hierdie boodskap is een manier!

Ons almal voel op een of ander stadium laag in ons lewens soos baie van julle nou voel en dan gryp ons na die sekuriteit van die verlede; veral as die geestelike lewe vir jou te veel word en jy voel jy is besig om te gly. Dan begin jou oë dwaal na dit wat vir jou bekend was, veral na wêreldse dinge en geldelike besittings, maar dis nie nodig vir jou om terug te keer na die vuilishope van sonde in jou lewe nie! Jy is soveel meer werd as dit en die verlede pas glad nie meer by jou nie!

Natuurlik maak satan gebruik van hierdie onsekerheid in jou lewe, want hy is ‘n opportunis! Hy sien ‘n geleentheid om jou te laat val en hy gebruik dit! Baie van ons dink dat as ons net dit kan hê of net dat kan hê, dan gaan ons genoeg hê, maar dis ‘n gejaag na wind… Sodra jy by daardie punt kom wat jy alles het wat jy graag wou hê, dan is daar iets anders wat blinker is… Dan begin die siklus weer van voor af en so vind jy dat jy nooit genoeg sal hê nie!

Met hierdie slagyster vang satan miljoene terwyl die geheim is om tevrede te wees met wat jy het! Jesus se liefde is al wat jy nodig het en die dag wat jy Hom gekies het, het jy alles gekry wat jy ooit nodig sal hê in die lewe.

Jy is so ongelooflik mooi vir Jesus. Die feit dat jy val is maar net ‘n teken van jou menslikheid. Moenie jouself slaan as jy val nie. Staan eerder op; hou aan met loop en wees tevrede met jou kleinheid. Jy is die laaste in die huis en jy kies ook altyd ‘n plek heel agter. Hou aan om dit te doen, want dis die regte houding om te hê. Wees getrou hierin, want hoe kleiner jy is, hoe kosbaarder is jy vir Jesus en daaraan mag jy ook nooit twyfel nie!

Jesus sê: “My Kinders, as julle wegbreek van die wêreld en julle lewens sonder voorbehoud aan My toevertrou, dan stort Ek inderdaad trane van blydskap en sing Ek ‘Hoe kan dit wes dat jy aan My behoort?’”

Prys die ongelooflike wonderlike Naam van Jesus!

(Visited 198 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .

2 Comments

  1. Soveel waarhede in bogenoemde stuk . . . dankie!
    Wat my sal bly by is “Jy is soveel meer werd as dit en die verlede pas glad nie meer by jou nie!
    So sal ek probeer om die gaping tussen my en die HERE te verklein en toe te maak sodat ek wegraak in die HERE!
    Blessings

  2. ‘n Kosbare boodskap – baie dankies.

    Hoe minder ek raak, hoe meer besef ek hoe groot die Liefde van die Lewende God IS! Die Liefde van Jesus Christus IS – is Wonderbaar.

    Dis in my struikel dat ek besef dat om op my knieë te bly – my bewaar van val… Want, wanneer ek dink ek staan – het ek alreeds geval. En daardie val het gekom sonder dat ‘n mens dit kon keer…

Comments are closed.