Alles gaan oor jou geloof

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Soms Jesus verbaas my… dan staan ek in totale verwondering oor die liefde van ‘n Vader so groot dat ons dit nie met ons menslike verstande kan begryp nie.

Ons raak so vasgevang in ons eie lewens, ons eie oortredinge en alles wat met ons verkeerd gaan dat ons vergeet hoe groot die Vader se liefde vir ons is. Dis ‘n liefde wat deur alles vloei, alles weg was en alles vergewe. Maak nie saak hoe beswaard, hoe bemoeid of hoe verslane jy is nie, jy kan enige tyd teruggaan na Jesus en sê: “Help!” en hulp sal dadelik beskikbaar wees!

Is dit nie ‘n liefde so groot dat ‘n mens nie daarom kan vat nie? Is dit nie ‘n liefde so diep dat die diepte daarvan nie bepaal kan word nie? Dit kan nie beskryf of verduidelik word nie. Is Jesus nie waardig om geprys te word nie! Halleluja! Koning van die Konings en Here van die Here!

Ek verstaan nou een honderd persent waarom Jesus vir so baie gesê het: “Gaan, jou geloof het jou gered!” Dit gaan nie oor hoe ‘n skoon en voorbeeldige lewe jy vir Jesus lei nie. Dit gaan juis oor daardie stukkende emmer met al die gate wat die helfte van sy water uitlek voor dit by die huis kom. Die wat dink dat hulle so stukkend is dat hulle vir niks goed is nie, behalwe om op die ashoop van die lewe gegooi te word nie.

Kyk na Jesus se woorde in Lukas 4:19 “Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.”

Is jou hart vandag verbrysel of gebroke, liewe leser? Soek jy vrylating van jou omstandighede? Het jy sig nodig om tye sien waarheen jy op pad is? Dan is Jesus die antwoord vir jou!

Hou op om te konsentreer op jou eie swakhede. Ja, jy is swak en ja, jy is ‘n sondaar en ja, jy verdien die ewige dood! Raak gewoond daaraan! Maar jy is ook ‘n sondaar wat genade gevind het in die oë van die Vader! Dit vertel satan nie vir jou nie, want hy hou daarvan om te hamer op jou swakhede en jou te vertel hoe swak jy is. Onthou, by ‘n leuenaar sal jy nooit die waarheid hoor nie! Hou daarom op om vir hom te luister!

Jesus het jou oneindig lief net soos jy is; met krake en sonde en al! Daardie liefde is so strek dat Hy bereid was om in jou plek te sterf! Dink jy nog steeds dat jou sonde so groot is dat dit nie vergewe kan word nie? Dink jy nog steeds dat jou sonde vir Jesus belangrik is? Nee, een duisend maal nee! Hou daarom op om te fokus op dit wat van geen belang meer is nie. Die ou dinge is begrawe! Vergete! Hou op om dit aanmekaar te wil opgrawe! Al wat jy gaan kry is ‘n groot stink!

Ons is Kinders van Jesus! Ons is nuwe skepels en nuwe skepsels het geen belang in dit wat was nie. Dis die verlede. Dit het gebeur en dit was vreeslik gewees, maar nou is ons nuut gevorm, nuut in Jesus! Die ou dinge het geen betekenis meer vir ons nie.

Ons is in die laaste oomblikke en satan word nou toegelaat om sterker te wees, maar hy is nog steeds nie sterker as die Een wat hom dit toelaat nie. Moenie vir satan prys oor hoe sterk hy is nie; prys vir Jesus omdat Hy sterker is!

Dra jou kruis met waardigheid! Dit gaan nie vir altyd aanhou nie. Wandel in geloof, nie volgens sig nie.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 45 times, 1 visits today)
Tagged , , , .