Vervul die bediening

Satan weet sy tyd is min en nou loop hy rond soos ‘n brullende leeu om vir oulaas nog die Bruid van God aan te val…

Dit breek my hart om te sien hoe mense hardloop agter die weivelde wat ‘n bietjie beter lyk as die een waar hulle nou is… Dit breek my hart om te sien hoe goedkoop sommige leraars die Woord van God gemaak het; sodat dit moet aanpas by die bedorwe lewenstyl van mense… As ‘n leraar aangestel deur die een Ware God, breek hierdie dinge my hart. Het die Woord van die HERE dan nou skielik so goedkoop geword dat ons dit moet bevraagteken?

Vanoggend kry ek die onverklaarbare behoefte om 2 Timoteus 4 te lees: [1]  Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: [2]  verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; [3]  want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, [4]  en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. [5]  Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.”

Hierdie gedeelte is natuurlik bedoel vir almal van julle wat die Woord van God aan ander bedien en dit sluit my ook in. Hou aan om die Woord te verkondig, selfs al stop hulle ore toe. Stry die goeie stryd, voltooi die wedloop en behou die geloof!

Jesus het ook vir my die volgende boodskap gegee wat ek aan julle moet oordra. Lees asseblief met aandag.

“Ek is besig om die wingerd te skud. Die wat werklik in my is en Ek in hom, sal behoue bly, maar die wat nie ten volle in My is nie, sal van die wingerd afval en op die grond verdroog. Moenie skuldig voel daaroor nie. Hulle is nog steeds My Kinders en Ek het hulle nog steeds baie lief, maar hulle gaan moet leer om My met alles te vertrou soos wat jy doen. Jou geloof in My gaan jou en die wat na jou luister red en dit gaan vir baie na jou ook so wees. Hou dus jou oë op My en hou op om rond te kyk.”

“Sê Ek dan nie in My Woord dat Ek jou bewaarder is nie; jou skaduwee aan jou regterkant nie? Staan daar dan nie geskrywe dat die son jou bedag nie sal steek en ook nie die maan by die nag nie? (Psalm 121) My Woord is waar en Ek sal jou ingang en jou uitgang bewaar tot in alle ewigheid! Daardie vrees wat jy voel, kom nie van My af nie; bestraf dit!”

“Jou gebed dra geweldig baie krag. Moet dit nooit vergeet of onderskat nie. Het Ek dan nie gesê bid en vir jou sal gegee word nie? (Mattheus 7:7) Het ek al ooit vir jou ‘n klip gegee as jy My vir ‘n brood vra of ‘n slang as jy My vir ‘n vis vra? Waarom twyfel jy dan? Jy is My geliefde kind! Jy het vir My gekies toe jy soveel ander keuses kon gemaak het. Ek sal vir jou sorg in alles wat jy nodig het; jy moet net glo en aanhou bid!”

Daar is niks meer wat ek kan sê of uitbrei oor hierdie boodskap nie, daarom bid ek Jesus se seën daaroor en oor almal wat dit lees.

AMEN!

(Visited 320 times, 1 visits today)
Tagged , , , .

One Comment

  1. Ek kan net – AMEN! – byvoeg en ook weer aanhaal:

    2 Timoteus 4 : “[1]  Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by Sy verskyning en Sy koninkryk: [2]  verkondig die Woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; [3]  want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, [4]  en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. [5]  Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou Bediening.”

    Ons wat saam IN Jesus Christus IS, beleef verseker dieselfde verdrukkinge… Verwerping, liefdeloosheid en veroordeling is deel van die loutering waardeur ons tot saligmaking gaan… En nog baie ander dinge…

    Al wat ek weet en, wat my laat aanhou wanneer my knieë swik is die waarskuwende Belofde van Jesus Christus – “wie volhard tot die einde toe sál gered word.”

    Ek kan nie beskryf waardeur ekself gaan nie maar, nog nooit in my hele lewe het ek deur so ‘n smartvolle tyd gegaan soos nou nie… Slégs die Heilige Gees en die Bloed van Jesus Christus hou my staande. Aan God die Almagtige – ál my lof, eer en dank daarvoor.

    Baie dankies vir die bemoedigende Boodskap! Weet dat u net een van baie ander medegelowiges is wat ook tans deur Beproewings tot Ware Redding gaan. In kort.

    Staan vas in Jesus Christus!

Comments are closed.