Voorbereiding op die wegraping

Ek het al baie gewonder hoe die lewenspad wat ons nou stap vergelyk met die een wat Jesus vir ons gestap het op pad na Golgota en of aar enige ooreenkoms was.

Dis belangrik om te weet dat Jesus daardie pad vrywillig gestap vir elkeen van ons sodat niemand verlore hoef te gaan nie, maar die Ewige Lewe kan hê. Daar is geen groter geskenk as dit dat iemand sy lewe vir sy vriende gee nie en dis waarom ek gewonder het oor die pad wat Jesus geloop het vir ons; Sy daaropvolgende opstanding en Sy Hemelvaart. Sy antwoord op hierdie vraag het my verbaas.

“Kom en stap saam met My, My Geliefdes. Kom sodat ek aan julle die dieper dinge van My hart kan meedeel. Dit is inderdaad My grootste wens dat almal na My sal kom en sal drink van die fontein van die Ewige Lewe. Ek wens dat almal hierdie gratis geskenk sal aanvaar en My sal toelaat om binne in hulle te woon.

Ek het vrywillig die mantel van vlees aan te trek om af te daal na hierdie wêreld as ‘n voorbeeld van onvoorwaardelike liefde. My motiewe was suiwer; sodat almal my sou aanvaar as hulle Verlosser en Koning en die Ewigheid saam met My sou wou deurbring.

Selfs nadat Ek gemartel en op gespoeg was, het Ek vrywillig gekies om hierdie sondelas te dra. Toe hulle die hout kruis aan My gegee het, het ek ‘n hartseer gevoel soos wat ek nog nooit voorheen ervaar het nie, maar selfs toe het Ek geweet dat My offer die enigste manier sal wees vir ‘n siel om gered te kon word van die ewige duisternis.

Jy was geken en jou doel op aarde aan My bekend nog voor jy op hierdie aarde gebore geword het. Ek het jou toe al geken en jou toe al liefgehad. Die groot oorlog was aan die gang nog voor Ek besluit het om mense aarde toe te stuur. Jou doel op aarde is om net een keuse te maak en dit is om die keuse te maak tussen die Ewige Lewe en die ewige duisternis. Dis ook waarom Ek My Gees in jou geblaas het sodat jy nie verlore hoef te gaan nie.

Ek het so baie met julle gepraat oor die belangrikheid van ‘n intieme verhouding met My sodat jy jou doel op aarde kon verwesenlik en jou plek in die Koningryk kon verstaan. In My plan is daar die wat bestem is tot eer en daar is die wat bestem tot oneer. Hierdie is ‘n geheimenis wat net ontbloot word aan die wat wysheid soek. Die oorlog tussen die wat bestem is tot eer en die wat bestem is tot oneer is wat nou besig is om plaas te vind, maar daar is niks nuut onder die aarde wat nie reeds plaasgevind het nie en hierdie oorlog is al aan die gang sedert satan se groot rebellie.

Selfs toe Ek die pad na Golgota gestap het om verlossing te bewerkstellig vir alle siele, was daar die wat werklik lief was vir My en wie se harte gebreek was oor dit wat besig was om plaas te vind. Dan was daar ook die wat hulle vensters toegemaak het omdat hulle verkies het om blind te wees vir dit wat aangaan. Dan was daar ook die wat gesê het dat hulle my dissipels was en nou skielik niks meer met My te doen wou hê nie.

Is dit nie wat nou weer besig is om te gebeur nie? Daar is die wat hulle harte vir my oopgemaak het sodat Ek in blydskap saam met hulle maaltyd kan hou en dan is daar die wat die deur van hulle harte tóé geketting het. Louwarm siele wat gestagneer het en nou selfs hardvogtig is. Hierdie siele weier om te sien wat besig is om te gebeur en hulle ignoreer die seisoen waarin ons nou is ten spyte van die feit dat dit besig is om hulle in die gesig te staar.

Ek deursoek die harte van mense na die wat My lief het; die wat My sal troos en die wat lojaal gaan wees teenoor My ongeag die koste. Tog is hierdie oomblik nie soos ander oomblikke in die geskiedenis van die mens nie. Hierdie is die oomblik voor die tyd wat ek met my Bruid herenig gaan word en aan haar die glorie gaan gee wat sy verdien.

Hierdie is die waarheid wat nou besig is om vervul te word met groot haas en intensiteit net soos Ek toegelaat het dat ongeregtigheid vir so lank sy gang gegaan het. Ek laat toe laat dat dit moet lyk of die ongeregtigheid in beheer is, maar dis baie ver van die waarheid af, want ongeregtigheid is nie in beheer nie; Ek is! Dit wat Ek op die punt is om te doen gaan vir eens en vir altyd ‘n einde maak aan die misleiding en dit gaan ongeregtigheid uitwys vir dit wat dit werklik is.

Op My pad na Golgota het Ek baie demone gesien wat gemanifesteer het deur die wat My gehaat het,  die wat My gevloek het en die wat nie kon wag om My fisiese dood te aanskou nie. Hulle het geglo dat dit ‘n oorwinning was vir hulle. Op pad het ek ook baie engele gesien wat teruggehou was en nie toegelaat was om My te help nie. Hulle het gehuil oor dit wat moes plaasvind sodat My Woord in vervulling kon gaan en vir die Seun van die Mens om verwerp te word.

Is dit nie soortgelyk aan wat julle nou sien gebeur nie? Dit wat goed is word afgemaak as kwaad en dit was kwaad is word afgemaak as goed… Ek weet dat dit wat julle nou sien gebeur vir baie van julle hartverskeurend is omdat julle die pad saam met My loop, maar dit moet gebeur, want dis deel van die groter plan. Net soos Ek in beheer was wat op Golgota gebeur het, net so is Ek in beheer van dit wat nou gebeur. Moet dit nooit ooit betwyfel nie.”

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 107 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .

One Comment

  1. Bid asb vir my, ek wil verander, en n nuwe mens in CHRISTUS word!
    ek het n groot besef van my ongeregtigheid en sonde en benodig n nuwe kleed
    Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.

Comments are closed.