Daar kom gereeld vrae op by mense oor die verdrukking en hoe dit gaan wees vir die wat gaan agterbly as Jesus gaan kom vir Sy Kinders.
Die eerste vraag wat gereeld opkom is wat gaan gebeur met die Heilige Gees gedurende die verdrukking. Op die oomblik is die Gees van die HERE hier op aarde saam met ons. Die Gees van God het verskeie take wat dit doen, maar seker die belangrikste is om ons te oortuig van die waarheid! Dit help siele om tot bekering te kom deur hulle te oortuig van die waarheid en dit help ons om die Bybel beter te verstaan deur ons te oortuig van die waarheid daarvan. Die Heilige Gees woon in ons, want soos die Woord van God vir ons leer, is ons liggame tempels van die Heilige Gees is. (1 Korintiërs 6:19) Wat gaan gebeur met ons liggame as die wegraping plaasvind? Ons liggame gaan verander en daarna gaan ons saam met Jesus Hemel toe, so waar gaan ons liggame dan wees? In die Hemel, so waar gaan die Heilige Gees dan wees? Ook in die Hemel.
Gaan mense tot bekering kan kom in die verdrukking? Die antwoord is baie beslis! Dit gaan nie so maklik wees soos nou nie omdat die Heilige Gees nie meer daardie oorreding wat ons gehad het gaan verskaf nie, maar God het weereens voorsiening gemaak! Die Bybel leer vir ons dat God ‘n 144,000 gaan roep om gedurende die verdrukking die Woord van God uit te dra. (Openbaring 7:4 en Openbaring 14:3) Vir die van julle wat wonder of dit nie ‘n bietjie min mense is nie, dink gou hieraan: Jesus het twaalf dissipels gehad en daardie twaalf het die Woord van God deur die wêreld versprei! Jesus se dissipels was 12,000 keer minder in getal as die 144,000 getuies en kyk net wat het hulle reggekry! Dis is die 144,000 nie te min mense nie!
Die Bybel leer vir ons verder dat daar meer mense gedurende die verdrukking tot bekering gaan kom as in enige ander tyd. (Openbaring 7:9-17) Verder gaan God vir Moses en Elia na Jerusalem stuur om daar die Woord van God te verkondig. Die Bybel leer vir ons dat hulle dit vir drie en ‘n halwe jaar lank gaan doen (Openbaring 11:3) en dat niemand hulle enige leed gaan kan aandoen nie totdat die drie en ‘n halwe jaar om is nie. Daarna sal hulle deur die antichris self doodgemaak word waarna hulle liggame vir drie dae en ‘n halwe dag op staat gaan lê. Mense gaan feesvier en vir mekaar geskenke gee hieroor (Openbaring 11:10), maar na die drie dae gaan hulle opstaan en opvaar na die Hemel. (Openbaring 11:12)
Hoe gaan dit wees vir die wat gaan agterbly om deur die verdrukking te gaan? Ons sien klaar wat met die wêreld besig is om te gebeur, maar ons moet ook weet dat dit wat ons nou ervaar nie naastenby die volle effek gaan wees van wat werklik gaan gebeur nie. Ons wat Kinders van God is, is die wat nou terughou en daarom word satan nie toegelaat om te kan doen wat hy wil nie, maar as ons eers in die wegraping geneem word, dan gaan daar niks wees wat satan gaan keer om te maak soos hy wil nie. Stel jou ‘n wêreld voor waar immoraliteit nie bestaan nie. Stel jou ‘n wêreld voor waar enige een enige iemand kan doodmaak net omdat hy of sy so voel sonder dat daar enige reperkussies is. Dit is basies hoe die verdrukking gaan wees. Geen wet of order nie waar almal net kan doen wat hulle wil.
Die Bybel leer ook vir ons dat na die eerste drie en ‘n halwe jaar van die verdrukking, die Merk van die Dier op die mense afgedwing gaan word (Openbaring 13:16) en dat niemand enige iets sal kan koop of verkoop as jy nie daardie merk het nie. (Openbaring 13:17) Dit beteken dat baie Kinders van die HERE sal doodgaan van honger omdat hulle nie kos sal kan koop of sal kan betaal vir mediese sorg nie.
Om dus op te som, gaan die verdrukking die mees gevaarlikste tyd en die mees verskriklikste tyd op aarde om in te lewe. Niemand gaan veilig wees nie en mense gaan kan doen net wat hulle wil sonder dat enige iets gaan wees om hulle te keer. Dis waarom Jesus ons wat glo eers gaan wegvat voor Hy Sy oordele gaan laat geld. Ons is vrygekoop deur die Bloed van die Lam en daarom onskuldig en verdien daarom nie die straf wat aan die wêreld uitgedeel gaan word nie.
Dis waarom die wegraping eers moet plaasvind voor die verdrukking kan begin en nie in die middel of aan die einde daarvan soos wat sommige beweer nie. Dit moet eers gebeur voor die oordeel kan kom, want jy straf nie iemand wat onskuldig is saam met iemand wat skuldig is nie. God is regverdig en sy oordeel is regverdig en daardie oordeel kom ons wat Sy Kinders is nie toe nie. Prys die Naam van die HERE!
Mag Jesus hierdie boodskap aan almal wat dit lees se harte seën!