Mag die soete teenwoordigheid van Jesus ons altyd tot oorlopend toe volmaak sodat ons geen behoefte na die dinge van die wêreld sal hê nie.
Soos julle weet word ons gedurig gekonfronteer met voorbeelde van iemand wat baie meer suksesvol in die lewe was as ons. Sommige van die oorwinnings wat hierdie mense behaal het, het met groot ‘n groot prys gekom sodat hulle hulle drome kon bewaarheid, maar daarvan weet ons nie altyd nie.
In die Geestelike Lewe is dit geensins anders nie. Ons ontmoet gedurig mense wat Jesus meer lief het as ons; of altans dit is hoe dit voorkom. Jesus het vir ons hierdie voorbeelde gegee sodat ons daaruit moet leer, maar satan en sy trawante probeer ons jaloers maak op hierdie mense deur aan ons te vertel dat Jesus hulle meer lief het en dis waarom hulle meer suksesvol is. Dis natuurlik alles leuens, want Jesus het ons almal ewe lief!
Julle weet, ons het twee keuses: ons kan hulle oorwinnings saam met hulle vier of ons kan wegsink in ‘n poel van jaloesie en met Jesus redeneer: “Waarom nie ek nie? Wat is so spesiaal aan hulle?” Jesus het ons hierdie voorbeelde gegee om saam met hulle bly te wees en ons is gegrief en bitter?
Die geheim om hierdie gif te vermy is maklik en dit is om in die besemkas te gaan wegkruip en die een te wees wat die vloere van Jesus skrop tot Hy jou daar kom uithaal! Waarom, omdat dit vir my baie meer vervullend is om my Jesus gelukkig te hou as om bekommerd te wees oor die eer van die wêreld. So bly ek is in die besemkas terwyl ander aangekondig word in die koninklike hof en hulle krone ontvang.
Die gevaar wat prestasie inhou is dat dit baie keer vergesel word deur ‘n gees van ambisie wat weer kan veroorsaak dat ons ver buite ons vermoëns wil presteer of dat ons meer wil presteer as wat ons vir Jesus wil hê. Hierdie is iets wat ons gedurig voor moet oppas.
Sommige van ons is tee koppies vir Jesus, ander is weer emmers en ander weer balies. Jesus het ons almal gemaak sodat ons verskillende kapasiteite het. Die teekoppie hou die minste van al die voorwerpe. Die balie hou ‘n enorme klomp water; genoeg om emmers en teekoppies vol te maak, maar die balie staan buite die huis. Die balie versamel water, maar dit word nooit in die huis ingebring nie. Die emmer tap water uit die balie uit en word in die huis ingebring, maar Jesus drink nooit uit die emmer uit nie. Dis die teekoppie wat Hy na Sy lippe bring om uit te drink!
Ek is dus heel gelukkig met my teekoppie status! Dit beteken nie dat ek nie wil groei en geïnspireer word deur ander wat groter en baie meer toegewyd is as ek nie. Ek wil net myself wees; die een wees wat Jesus my gemaak het om te wees!
Prys die wonderlike Naam van Jesus!
Baie dankie vriend van die Koning van Konings!
Baie dankie vir die pragtige gedeelte oor Die Here se teekoppie.
Mag julle n geseende Sondag beleef.