Waarskuwing oor die naderende wegraping

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Om die HERE te kan dien is sowaar ‘n voorreg, veral as Hy begin om die verborgenhede aan ons te openbaar.

Ek lees so ‘n paar dae gelede die getuienis van ‘n vrou wat gedroom het sy staan in ‘n soort van park met ‘n baie groot grasperk. Op die grond sien sy ‘n ontelbare menigte van duiwe. Terwyl sy kyk het die duiwe vir iets geskrik en almal het opgevlieg. Wat baie eienaardig van die duiwe was, was dat hulle almal twee kleure gehad het. Hulle was almal wit, behalwe vir die punte van hulle vlerke en die punte van hulle sterte was swart was.

Sy het die HERE gevra wat die droom beteken en die HERE het geantwoord dat die duiwe wat opstyg die wegraping voorstel. Die HERE het voortgegaan en gesê dat die wit kleur van die duiwe die Heilige Gees in ons lewens voorstel omdat die Heilige Gees geopenbaar was a ‘n wit duif wat op Jesus neergedaal het toe hy gedoop was. Die swart vlerkpunte en die swart sterte stel die oorblywende sonde in ons lewens voor.

Die oorblywende sonde is deel van die kruis wat ons vir die HERE dra en ons sal nooit ten volle daarvan ontslae raak voor die HERE nie ons kruise van ons wegneem as ons in die Hemel saam met Hom is nie. Ek kan nie begin om vir julle te sê hoe baie keer ek al gebid het oor die een nie. Ons almal wil graag perfek vir die HERE wees, maar maak nie saak hoe hard ek probeer nie, satan is altyd daar om ‘n stok in my speke te steek.

Ek het die HERE eenslag daaroor gevra en Sy antwoord het my verstom… Hy het geantwoord dat as ek perfek was soos ek graag sal wil wees, waardeur sal die lig van die HERE dan skyn? Julle sien, hierdie kruik is vol krake en stukkende plekke, maar die HERE het dit so gemaak met ‘n doel. As die HERE hierdie kruik vol van Sy Heilige Olie maak, dan drup die olie uit tot op julle wat hierdie boodskappe lees! Prys die Naam van Jesus! En so ontvang julle saam met my wat die HERE wil uitdeel. As my kruik dus heel was, dan sal julle nooit die seëninge gekry het wat julle nou ontvang nie. Net so gaan dit in julle lewens ook. Die effek wat julle op ander se lewens het, kom van julle stukkende kruike wat lek. Mense voel aan dat julle anders is en hulle begeer om te hê wat julle het. Dis waarom jy die sonde, of dan die krake in jou lewe, nooit ten volle sal elimineer nie.

Wat gaan dan met die wegraping gebeur? Net soos deur die swart en wit duiwe voorgestel word, sal ons met ons kruise van hierdie aarde weggeneem word en op pad gereinig word tot ons ten volle wit is. Hierdie sluit weer aan by die getuienis van iemand anders wat ek om en by ‘n jaar gelede gelees het. In die getuienis het die HERE gesê dat baie ons vergewe gaan word tydens die wegraping. Op daardie stadium kon ek dit nie verstaan nie, maar nadat ek die getuienis van die duiwe gelees het, maak alles nou vir my sin.

Moet dus nie bekommerd wees oor die klein foutjies in jou lewe nie, liewe leser. Dra jou kruis met waardigheid, want jy gaan die nie meer lank hoef te dra nie. Jesus gaan binnekort kom om jou kruis van jou weg te neem en dan gaan Hy jou beloon vir die werk wat jy vir Hom gedoen het.

Om af te sluit, hierdie duiwe wat die vrou in haar visioen gesien het bestaan werklik. Hulle word genoem die “Twee Kleur Koninklike Duif” of dan “Pied Imperial Pigeon” in Engels. Dis ‘n buitengewone groot duif wat voorkom in Suid-Oos Asië vanaf Thailand tot in Australië. Die foto wat ek bo aan hierdie artikel het is hoe die duif in die werklikheid lyk.

Mag die HERE hierdie boodskap aan julle harte seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk