Baie van julle werk baie hard om alles klaar te kry voor Jesus gaan kom, maar tog wonder ons of daar genoeg tyd gaan wees om almal te bereik.
Jesus sê: “Wat beteken tyd vir My? Ek het almal uit hulle gemaksone kom skud sodat hulle op ‘n hoër vlak vir My kan werk. Ek het werk uit mense uitgedruk sodat hulle beter kan presteer. Nou wil Ek hê dat hulle moet aanhou om op daardie vlak te presteer sonder om gedurig na die horlosie te staar.”
“Sommige gaan nie hiervan hou nie en gaan aanstoot neem, maar feite is feite en Ek het nog nie gekom nie. Julle word aangewakker om beter te presteer en as Ek gaan kom; sal julle op julle hoogste vlak werk. Dis wat Ek besig is om met My hele liggaam te doen.”
“My kerk was aan die slaap in die arms van die wêreld. Ek het vir julle julle einde gewys, julle het bymekaar gekom en nou is julle in ‘n posisie om soveel meer vir My te doen. Moenie nou stop nie, want julle is besig om oorvloedige vrug voort te bring. Wanneer dinge begin gebeur, sal sommige oorskakel in die hoogste versnelling om My wil te volbring.”
“Op die oomblik het ek julle almal op ‘n vlak van produktiwiteit wat julle nog nooit geken het nie en dit is soos dit moet wees. Julle het die einde ernstig oordink en maak nie saak of dit deur die dood of deur verandering op aarde is nie; ons gaan mekaar van aangesig tot aangesig sien.”
“Die vyand het baie leuens oor die aarde in al die jare versprei. Mense verkeer in ‘n sluimer slaap en dink dat die aarde reeds vir miljoene jare bestaan en dat hulle nog miljoene jare oor het voor dit en dat gebeur. Hulle vergeet egter dat baie in een dag kan gebeur. Julle het nie eindelose generasies se tyd oor om mekaar en die aarde te vernietig nie. My oordeel kom vinnig, maar tot die tyd daar is, neem jou kruis op en volg My!”
“Gaan voort met julle daaglikse take. Preek en bedien mekaar asof julle al die tyd in die wêreld het, want tyd is in elke geval ‘n illusie en geheel en al in My hande. Doen wat in julle harte opkom om te doen, maar hou julle harte en oë op My en die tyd sal vinnig verbygaan.”
“Dit is nie My wil dat julle heeltyd bekommerd moet wees oor hoeveel tyd daar nog oor is nie. Ek sal eerder wil hê dat julle vrylik moet bid, mekaar dien en preek sonder enige vrees wat gedurig aan julle hakke byt. Wat julle begin, sal Ek klaarmaak. Met ander woorde, volg julle inspirasies, volg dit met liefde en passie sonder om te wonder wanneer die tyd daar gaan wees.”
“Moet ook nie gras onder julle voete laat groei nie. Julle het gesien hoe kort die lewe kan wees. Leef vir My en nie vir die wêreld nie en julle sal niks hoef te vrees die oomblik as die ewigheid vir julle gaan begin nie.”
“Julle is almal klaar gereed om op die hoogste versnelling te werk. Ek wil hê dat julle moet voortgaan op hierdie vlak totdat Ek toelaat dat die wêreld verander. Verstaan, My Geliefdes, dat as die wêreld gaan verander die verandering so radikaal, so katastrofies en so onderstebo gaan wees, dat Ek dit walglik gaan vind om dit terug te bring. Dit gaan kom; dit kan Ek julle verseker, maar julle moenie daaroor stres en op die punt van julle sitplekke sit nie.”
“Wat Ek nou vra is dat julle terugsit en voortgaan om te produseer op hierdie vlak vir My sonder dat julle bekommerd moet wees dat die wêreld moontlik môre tot ‘n einde gaan kom. Ek doen ‘n beroep op oorgawe, oorgawe aan die oomblik, oorgawe aan die werk wat julle vir My doen en oorgawe aan My. Verdiep julle in julle werk sonder om bekommerd te wees oor die vrugte wat dit gaan dra. Is Ek dan nie HEER van die oes nie?”
“Werk in oorgawe en wees vry soos klein voëltjies, vry om te vlieg, vry om te sing en vry om te bid. Doen dit alles terwyl julle in My hand rus wetende dat alles wat julle vir My doen vir My so soet is.”
“Nou vra ek dat julle sal ophou om die dae te tel en na die horlosie te staar. Geniet julle werk, werk saam met My Gees en geniet wat julle saam met Hom het. Op hierdie manier sal die skrif vervul word en sal ek waarlik kom in ‘n uur wat julle dit minste verwag. Omdat julle 100% toegewy is aan My Wil op daardie oomblik sal julle belonings baie groot wees.”
Prys die Naam van die HERE!