Wie in die wegraping geneem sal word

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Hierdie is ‘n vraag wat die meeste deur almal se koppe is of ek gereed en of al saam met Jesus sal gaan as Hy gaan kom om ons te haal.

Kom ons begin om hierdie vraag te antwoord deur te sê dat ons almal elke dag deur pyle van skuld en beskuldigings getref word. Beskuldigings soos dat jy nie genoeg bid nie; dat jy het Jesus verloor het; dat Jesus ongelukkig is met jou of dat jy Jesus teleurstel en so aan.

Ons as mense wonder oor hierdie dinge en ons wonder of ons in Jesus se perfekte wil is, maar ek kan julle gerus stel dat hierdie woorde en hierdie beskuldigings nie van Jesus af kom nie. Dit is maar net een van satan se baie leuens om ons onwaardig te laat voel. Satan is baie kwaad vir elkeen wat die Woord van God versprei. Hy probeer alles in sy mag om ons te laat ophou, maar ons oorkom elke aanval en gaan net aan sonder ophou! Moet jou dus nie steur aan satan en die geraas wat hy maak nie, want jou krag kom van Jesus af! Prys Sy Naam!

Jesus sê: “Dink jy Ek sal jou agterlaat na al die werk wat jy vir My gedoen het? Nie eers in die minste nie! Ek is met jou, dag in en dag uit, uur vir uur. Ek weet hoe jy My mis, maar jy is amper klaar, my geliefde, amper. Moenie toelaat dat satan jou onwaardig laat voel nie, want daardie gedagtes kom nie van My af nie.”

“Almal sal weggeraap word, want Ek kyk na die hart en elkeen het ‘n ander kapasiteit. Party is teekoppies, ander vingerhoede en party selfs balies. Almal is anders gevorm en anders toegerus. Dis waarom daar so ‘n groot verskeidenheid van mense in die wegraping geneem gaan word.”

“Wat my bruide betref, is daar verskillende vlakke van toewyding, verskillende vlakke van verlange en verskillende maniere hoe daar gehoor gegee word aan my Woord, maar Ek het elkeen van hulle lief, op dieselfde manier, onvoorwaardelik en met oorgawe. Die vingerhoed kan nie hou wat die balie kan hou nie, maar nogtans is dit vol: vol van My liefde!”

“Laat daar geen plek vir diskriminasie of oordeel wees nie. Wat as Ek vir julle sê dat die vingerhoed eintlik meer hou as die balie? Dink julle dat die vingerhoed minder van My dink of dat dit my minder lief het as die balie? Wat van die weduwee se penning? Daar is die wat min het, maar tog alles gegee het en niks teruggehou het nie en dan is daar die wat baie het, maar net ‘n gedeelte gegee het sodat hulle nie in armoede hoef te leef nie. Tog is die een wat alles gegee het baie ryker as die een wat net ‘n gedeelte gegee het.”

“Dis ‘n raaisel, maar verstaan dat dit nie die grote van die houer is waarna Ek kyk nie, maar na die oorgawe waarmee gegee word. Die wat baie gawes het, maar nog steeds terughou, gaan baie arm wees in die Hemel. Dis die wat niks het nie, maar alles gee, wat die rykste in die Hemel gaan wees. Hoe versot is Ek nie daarop om die armes en die eensames van hulle voete af te swiep en hulle alles te gee wat hulle nog altyd voor gehoop en gedroom het nie!”

“Ek wil dit duidelik stel: dis nie hoe groot of hoe belangrik die houer is wat saak maak nie, maar die volheid waarmee hulle vir My gee. As hulle alles gee wat hulle het, dan gee Ek alles wat Ek het. Maak nie saak wie of wat hulle is nie. Al wat saak maak is dat hulle geheel en al myne is. Is dit nie wonderlik nie?”

“Ek kyk na die kleinheid van die hart, nie die kleinheid van die bediening nie. As jy verantwoordelik is om baie met die Woord te voed, dan moet ek jou meer en meer gee om te kan voorsiening aan die aanvraag. Dit beteken nie dat jy groot is nie, maar dat Ek groot is deur jou. Hoe kleiner die houer, hoe groter die krediet wat Ek ontvang. Dit is soos dit moet wees. Mense sien wat Ek met die klein houertjie gedoen het en hulle hoop dat Ek hulle ook so sal gebruik.”

“Baie van julle wonder oor die wat op die laaste minuut gered gaan word. Het Ek dan nie gesê dat almal dieselfde beloning gaan ontvang, maak nie saak of jy in die begin van die dag of aan die einde van die dag gehuur is nie? Ek kan my bodemlose genade tog nie weerhou van die wat laaste kom nie. As hulle alles gee, ten volle tot bekering kom en niks terughou nie, sal hulle ook gered word en weggeraap word.”

“Nou gaan ek vir julle sê wie bekommerd moet wees: die wat My ken, geweet het dat Ek hulle geroep het, maar nog steeds hulle eie wêreldse begeertes nagevolg. Die wat nie tyd of geld gehad het vir die armes nie, maar eerder hulle geld gespaar en gespandeer het op hulle eie gemak.”

“Baie van my kinders is al jare lange christene, maar hulle speel en stap nie die pad wat hulle moet stap nie. Hulle weet hulle loop op die rand van die afgrond, maar hulle dink dat My Genade sal opmaak vir hulle laksheid. My Genade is nie vir die wat My op ‘n afstand hou nie. My Genade is vir die wat My nie ken nie en vir die swakkes wat struikel en val met elke tree wat hulle gee. Die skape wat groot en strek is, maar nog steeds nie tyd vir My het nie, sal agterbly sodat hulle volmaak kan word in liefde, eerlikheid en toewyding aan My. Vir hulle is daar ‘n keuse om te maak. Baie van hulle het groot hoeveelhede genade ontvang, maar hulle gebruik dit selfsugtig, selfs in geloof, om hulleself te verryk, populêr te wees en invloed te kan hê. Of hulle gebruik die genade om soos konings te lewe.”

“Wat dan van die leraars wat ryk is? Die wat hulle harte in My hande gesit het en hulle uiterste beste gedoen het om My te volg, sal geneem word. Weereens, dis nie rykdom of mag wat mense diskwalifiseer vir die wegraping nie, maar ‘n louwarm hart. ‘n Hart wat nie omgee wat Ek deurgegaan het om vir hulle redding te kan bewerkstellig nie. Hierdie is mense wat soos die ryk jong man was wat gesê het dat hy baie besittings het. En Ek sê vir julle dat hulle inderdaad arms is, want julle besit My nie.”

“Hierdie is die wat bekommerd moet wees, want Ek geroep hulle al lank. Hulle het baie geleenthede gehad om reg te maak, hulle kruise op te tel en My te volg, maar hulle was meer behep met die populariteit wat hulle onder die mense geniet. Om daardie rede sal hulle agtergelaat word.”

“Die wat op die laaste oomblik gered gaan word, sal saam gaan, maar net as hulle die hardnekkige ontkenning van My Koningskap in hulle lewens laat staan. As hulle deeglik berou toon tot in hulle diepste wese, sal ek hulle saam neem.”

“Die van julle wat bekommerd is oor julle geliefdes en selfs julle kinders, onthou dat Ek genadig is. Kinders maak soms dom foute, want hulle dink soos kinders en nie soos volwassenes nie. Kinders sien die wêreld soos ‘n glaspot vol lekkers: vol allerhande kleure en baie uitlokkend. Hulle sien nie die blinde kolle nie en natuurlik hou die vyand hulle blind vir die waarheid. Daar is altyd ‘n kans vir hulle; hou dus aan met bid.”

“Vir die res van My volwasse skape vra Ek of julle werklik julle weë ken. Het jy werklik vir My geleef en My roeping aanvaar of hou jy nog steeds van jou gemaklike lewe? Sal jy bereid wees om te sterf vir My of sal jy eerder wegloop en jouself probeer beskerm? Vir julle sal daar ‘n tyd kom wanneer julle van die draad geforseer gaan word. Weet dat die tyd naby is en dat jou ewigheid op die spel is.”

“Dink jy dat om ‘n Christen te wees by naam jou gaan red van die hel? Dink dan weer, want Ek laat nie met My spot nie. Ek is niemand se grap maatjie nie. Jy is óf warm, óf koud. Die lou-warme sal deur die vuur gaan en gered word net as hulle My uitkies bo hulle kinders, families, werk en lewens.”

“Vir die wat My bruide voor bid, sal die geleentheid kry om tot hulle kern toe geskok te word. As hulle tot bekering kom met hulle hele hart, sal EK hulle in die wegraping saamneem. Weë die wat hierdie genade misbruik, want julle sal agtergelaat word om deur die vuur te gaan.”

“Nie almal gaan dieselfde beloning in die Hemel ontvang nie en nie almal gaan groot huise kry om in te woon nie. Party gaan net ‘n klein gehuggie in die buitenste gedeelte van die stad kry, maar hulle gaan gelukkig wees, want hulle gaan weet dat daar geregtigheid is en hulle gaan hulle lot met dankbaarheid aanvaar.”

“Ek hoop dat hierdie baie van julle vrae beantwoord, my geliefdes. Ek wil nie hê dat enige een moet agterbly om deur die Verdrukking te gaan nie. Vir die wat nog nie tot bekering gekom het nie, besoek Ek met genade. Om deur die Verdrukking te gaan en ‘n moontlike martelaar te wees gaan die enigste manier wees hoe baie die ewige saligheid saam met My in die Hemel gaan bereik.”

“Maar ek sê vir julle: moet nooit wonder oor my teenwoordigheid of My bereidwilligheid om te vergewe nie. Ek is altyd met julle, wagtende vir die oomblik wat jy die ernstigheid van die situasie begryp en met jou hart ‘n volle oorgawe maak.”

Prys die HERE vir hierdie antwoord!

(Visited 337 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .