Julle sal ‘n diepe kalmte voel

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Baie van julle sal teen die tyd al voel hoe die tyd al hoe vinniger uitloop. Baie van julle wonder of julle die tyd gaan hê om alles wat die HERE vir julle gegee het om te doen, klaar te maak.

Die HERE wil hê dat julle moet weet dat julle genoeg tyd sal hê, want Hy is besig om die tyd met klein bietjies aan te skuif sodat almal hulle opdragte klaar kan maak. By klein bietjies word bedoel dae en miskien ‘n week, maar nie maande nie. Die tyd om die wegraping met maande uit te stel is lank reeds verby. Almal gaan dus die geleentheid kry om hulle opdragte klaar te maak.

Die HERE het doelbewus nie vir ons alles vertel wat gaan gebeur nie. Hy het ons net bietjies inligting gegee, want Hy wil nie hê dat ons gedagtes opgeneem moet word deur onnodige bekommernisse nie. Dis baie belangriker dat ons nie weet wat gaan kom nie sodat ons ons oë op Hom kan hou en betyds ons take kan afhandel.

Daar is werklik nog net ‘n klein bietjie tyd oor, maar dit wat ons vir die HERE gedoen het, SAL vrugte dra. Niks wat ons vir die HERE doen is ooit verniet nie. Daar is nog net ‘n klein bietjie tyd oor, maak dus jou opdrag klaar in totale oortuiging dat jy alles in jou vermoë gedoen het en die gawes wat die HERE aan jou gegee het, optimaal gebruik het. Nou dat die tyd amper hier is, is dit belangrik dat ons dag en nag aan die HERE vasklou. Ek gebruik hier doelbewus die woord “vasklou” want dit is wat Hy van ons verlang. Moenie bekommerd wees oor julle liggame nie, want die HERE bedek en beskerm ons. Lees Psalm 91 oor en oor, want dit sal julle versterk en uithou vermoë gee.

Die magte van satan is besig om al hoe meer en meer toe te neem. Hulle het die atmosfeer van die Aarde al geheel en al oorgeneem met hulle onreinheid. Elke dag swem ons in ‘n see van demone. Dis net die HERE se genade wat hulle terughou, maar daardie genade gaan nie lank hou nie. Die HERE wil vir almal wie se lewens ons raak van die laaste druppels van genade gee totdat ons almal ons opdragte voltooi het. Moet dus nie te gemaklik word nie, want ons het nie meer maande om te wag nie. Werk dus met alles wat julle het, want die tyd is min. Bid en vra vergifnis vir sondes vir alle lande, mense en tale, want sodra alles afgehandel is, gaan die HERE satan toelaat om te doen wat hy moet. Wees dus voorbereid en op julle hoede!

Soos julle weet, is alles reeds in plek. Dis net die HERE se Woord wat teruggehou word sodat almal die geleentheid het om tot bekering te kan kom. Sodra dit afgehandel is, sal julle die gevoel kry dat alles afgehandel is. As julle so begin voel, dan moet julle weet dat die tyd baie naby is; etlike ure weg. Julle sal vrede voel, ‘n baie groot vrede en dan sal dit tyd wees om te bid vir genade vir die wêreld.

Die tyd gaan kom soos ‘n dief in die nag, maar julle gaan voel dat julle alles in julle vermoë gedoen het. Julle gaan volledig voel en dit is die enigste manier hoe die HERE die gevoel aan ons kan beskryf. Julle sal nie die nut voel om enige iets anders te wil doen nie. Julle sal ‘n diepe kalmte ervaar wat almal sal hulle opdragte dan klaar gedoen het en almal sal herenig wees soos een, wetende dat alles volbring is.

Werk dus nou terwyl die lig nog skyn, want die son is besig om onder te gaan. Tot daardie dag, werk asof daar nie ‘n môre gaan wees nie.

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk