Afsluiting van die ou dinge

In Lukas 23:50-56 lees ons hoe Josef van Arimathêa die liggaam van Jesus by Pilatus gaan vra het; ‘n versoek wat goedgekeur was.

Hulle het die liggaam in linne toegedraai en daarna in ‘n graf wat uit rots gekap was neergelê. Daarna het hulle gerus volgens die Sabbat, maar ek kan julle verseker dat daar groot ontsteltenis onder sommige van die Jode was daardie aand. Baie het sekerlik gevoel dat dit nou die einde was en dat Jesus werklik dood was. Nog meer het seker nie geweet of dit wat hulle gehoor het werklik die waarheid was nie. Maar ons almal weet dat Jesus se kruis dood nie die einde was nie. Baie het so gedink, veral die leierskap van die Joodse Kerk en daar was sekerlik baie wat bly was dat Jesus nie meer daar was nie. Hierdie was maar net die begin en toe Jesus drie dae later uit die graf uit opstaan, het almal geweet dat nog baie groter dinge gaan gebeur! Prys die Naam van Jesus!

Ons almal weet dat die einde naby is en dat ons vertrek Hemel toe voor die deur is, want die Gees openbaar dit aan ons! Die Gees wys aan ons dat die tyd gekom het vir ons om te begin afstand doen van dit wat ons op aarde vashou. Die tyd het gekom om te doen wat jy kan, te los wat jy nie kan nie en die wysheid van God te vra om die verskil te ken!

Ek kan julle verseker dat dinge in hierdie wêreld binnekort radikaal gaan verander. Jy gaan een oomblik nog so lekker met jou daaglikse roetine besig wees en dan die volgende oomblik gaan daardie roetine die laaste ding wees waarin jy gaan dink.

Daar gaan ‘n Derde Wêreld Oorlog wees en dit gaan verskriklik wees! Net soos Jesus se Kruisdood gaan dit nie die einde van alles wees nie en ons gaan moet moed hou dat God inderdaad weet wat Hy doen. Ons gaan sien hoe die gebeure afspeel en van hierdie gebeure is reeds besig om plaas te vind, maar julle moet nie bekommerd wees nie, want Jesus gaan kom om Sy Bruid van hierdie wêreld op te raap! Klou vas aan daardie belofte en moenie ophou bid nie. Jesus gaan ons nie hier los om saam met die wêreld te vergaan nie. Glo, Hoop en Vertrou!

Die tyd het amper gekom en die wat uithou tot die einde toe, sal gered word! Binnekort, liewe lesers, binnekort!

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 297 times, 1 visits today)
Tagged , , .