Bly op jou knieë tot die HERE kom

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Jesus, ons is so bewus van ons tekortkominge. Vergewe ons en gee ons die wysheid sodat ons nie sal vaal nie. Amen!

Die hele hemel is hartseer oor wat besig is om op die aarde te gebeur. Tyd is besig om uit te loop… Vader God het nog nie besluit of die tyd daar is nie, maar meer gebed is nodig. Baie is besig om ernstig te bid; meer as ooit voorheen, maar dis nie genoeg nie. Groter bewustheid is nodig; dieper gebed, maar almal is klaar alweer besig om aan te gaan met hulle lewens…

Besig om te beplan, te trou, huise te koop, motors; altyd besig… Die lewe gaan aan asof niks besig is om te gebeur nie en dit gaan al so aan sedert die 1900’s, maar toe kom die Eerste Wêreld Oorlog. Die mens was gewaarsku dat as hulle nie die morele sondes gaan laat staan nie, ‘n groter en erger oorlog gaan volg en dit het ook… Omdat daar nie gehoor gegee word nie.

Die punt, lewe lesers, is dat God die Vader iewers gaan moet besluit wanneer genoeg nou genoeg is. In die tyd sedertdien, was daar baie kere wat die wegraping byna plaasgevind het, maar elke slag het Vader God Sy Hand gelig en gesê: “Stop, ons gaan dit nog tyd gee.” En elke slag was die resultate bykans dieselfde. Die wat weet hoe naby ons gekom het, het hardop gesug en dan aangegaan met hulle lewens asof daar niks gebeur het nie.

Daar word op die oomblik baie gebid, maar dis nog steeds nie genoeg nie, want elke dag kom daar ‘n golf van euwel in hierdie wêreld in soos hooggety op ‘n strand en dis net gebede wat die volle geweld daarvan stop.

Nou kom ons in die tyd van die jaar waar afleiding en vermaak volop is. Dink julle satan is dom? Hy weet maar net te goed wanneer om die koningryk van die HERE op aarde aan te val en hierdie tyd is perfek daarvoor. Almal se aandag is afgetrek met inkopies en besoeke aan familie en vriende. Die laaste ding wat enige iemand aan dink is aan die wegraping en die tragedie wat daarop gaan volg.

Vader God het nog nie besluit nie, maar verstaan dat genade net solank kan hou terwyl alles uitmekaar val. Wanneer gaan die lyn getrek word?

Want baie is geroep, maar min uitverkies. (Mattheus 22:14) So baie is geroep om te bid, maar min het opgedaag. Die wêreld het weer besit geneem van hulle gedagtes. Dis weer inkopie lyste, dinge om te doen en die plesier van die lewe sonder dat hulle besef hoe baie naby die tyd is…

Liewe lesers, ek wys geen vinger na enige iemand nie, want ek is net so skuldig hieraan!

Ons was mos voorheen ook hier en toe het niks gebeur nie, so waarom nou bekommerd wees?

Maar die keer is die opsies besig om baie min te word. Die skielikheid van die situasie gaan baie so vinnig tref dat hulle nie eers tyd gaan hê om paniekbevange te raak nie. Alles gaan binne ‘n oogwink oor wees. Liewe lesers, ‘n oogwink is gemiddeld een honderdste van ‘n sekonde; dis hoe vinnig ons van praat.

Is julle gereed, liewe lesers? Het julle al vergifnis gevra vir al die tyd wat julle verkwis het? Vir jou ongelowigheid, die lyding van ander wat jy geïgnoreer het, die hardheid van jou hart. Het jy ingespring om ander te help of het jy jou rug op hulle gedraai?

Die hele Hemel huil oor ‘n wêreld wat nie voorbereid is op dit wat voorlê nie. Die wat vir niemand nou omgegee nie gaan dan niemand hê wat vir hulle gaan omgee nie.

Jesus het sy bestes gestuur om die grond om jou los te maak en bemesting te gee sodat jy goeie vrugte van dra, maar jy is nog leeg en sonder vrug. Ander het net ‘n paar klein vruggies. Nog meer het vrugte wat vrot geword het omdat hulle hulle lewens spandeer om ander te beskinder en die kinders van die HERE te veroordeel.

Die tyd gaan kom om die leisels van mag oor te gee aan die goddelose. Jy het baie min tyd om jou keuse te maak tussen reg en verkeerd. Wil jy die waarheid hoor? Het jy tyd of gee jy om? Of sal jy eerder die wil volg wat geen gewetenswroeging het om jou na die dood te lei nie?

Word asseblief wakker! Gee asseblief om, want die wêreld staan op die afgrond! Neem die woorde van die HERE ter harte. Satan het die net uitgegooi en jy is besig om daarin te swem. Sal jy betyds wakker word en ontsnap?

Die HERE wil nie hê dat enige iemand verlore mag gaan nie. Hy wil baie graag almal saam met Hom Hemel toe neem en niemand agterlaat nie, maar die keuse is nie Syne om te maak nie; dis joune. Dis die keuses wat jy nou gaan maak wat jou gaan kwalifiseer vir die wegraping al dan nie.

Bly op jou knieë tot die HERE kom om ons te kom haal.

image_pdfLaai afimage_printDruk