Breek vry!

Breek vry!

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Baie van die HERE se kinders word vasgemaak is deur kettings van leuens. Die ergste is dat mense dit as normaal beskou en as die Wil van die HERE aanvaar het! Breek LOS!

Jy is ‘n mede erfgenaam van die Koninkryk van God! Omdat die HERE die koning van die Heelal is en jy Sy kind, maak dit van jou ‘n Prins of ‘n Prinses van die Heelal! Deur die naam die Koning het jy toegang tot al die mag in die Hemel deur die naam van Jesus! Satan weet dit maar net te goed en hy sidder! Hoor julle dit? Hy sidder! Nou kom hy met al hierdie leuens na jou toe om jou te laat vergeet net hoe baie mag jy het!

Hoeveel van julle is daar wat glo dat die HERE kwaad is vir jou en dat daar vir jou geen vergifnis is nie? Ek het vir jare so geglo! LEUENS! Jesus staan gereed om jou te vergewe, selfs al het jy moord gepleeg! Geen sonde is so groot dat die HERE dit nie KAN of WIL vergewe nie! Hy staan nou gereed om jou te vergewe; alles wat jy gedoen het! Jy moet dit net aanvaar! Verniet! Geen betaling nodig nie! Prys die Naam van Jesus!

Hoeveel van julle is daar wat skuldig voel oor sy verlede. Miskien het jy iets gedoen waaroor jy vandag baie skaam is. Jong, satan hou van jou, want sulke skuldgevoelens maak sommer ‘n lekker aambeeld om op te slaan! Hy kan vir jare daarop slaan en elke slag sal jy nog meer slegter en nog meer skuldig voel! LEUENS! Lees wat sê die HERE as Hy ons vergewe het. “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” (Psalm 103:12) “Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.” (Jesaja 43:25) Nou wat se skuld gevoel is dit wat jy nou saam met jou dra? Sê die HERE dan nie dat jou oortredinge nie meer ‘n faktor is nie? Waarom laat jy dan toe dat satan jou so stoomroller?

Kom ons kyk wat sê die HERE vir ons in Romeine 8:31-33 [31]  Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? [32]  Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? [33]  Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.”

Wie kan jou beskuldig, liewe leser? Wie kan klagtes teen jou inbring? As jou oortredinge vergewe is en die HERE self sê dat Hy nie meer daaraan dink nie, wie sal dit dan weer opbring? Satan met sy leuens! Hy peper jou met jou verlede sodat jy moet dink dat jy minder waardig is! Kom ons kyk weer wat sê die HERE in Romeine 8:37 “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.”

As jy dan meer as ‘n oorwinnaar is, wat maak jy nog op die grond? Staan op in die Naam van Jesus! Vat terug wat van jou gesteel was in die Naam van Jesus en BEVEEL satan om te WYK! Jy het al die outoriteit om dit te doen deur die Naam van Jesus! Prys Sy Naam!

Ek gaan afsluit met ‘n vers in Efesiërs 6:12 “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreld heersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”

Ons stry nie teen die mense wat ons kwaad maak nie, maar teen die magte wat hulle gebruik om teen ons op te tree. Bestraf daardie mag en die persoon wat teen jou opstaan sal magteloos wees! Ek kan boeke van persoonlike ondervinding hieroor skryf, liewe leser! Van polisie verhoor offisiere wat berug daarvoor was dat hulle geen genade met oortreders gehad het nie en skielik vol genade was. Die verandering was so dramaties dat tot die mense wat dit gehoor het, dit nie wou glo nie!

As dit HERE dit kan doen, wat is daar dan wat Hy nie kan doen nie! Vat vandag jou oorwinning en maak dit joune! Jy is ‘n Koningskind! Maak dit joune!

Prys die Naam van Jesus!