Daar was ‘n man wat elke maand sy hare by ‘n haarkapper laat sny het en as die haarkapper met hom besig was, dan het hy uit sy Bybel gelees.
Eendag toe hy weer sy hare laat sny het, sê die haarkapper vir hom dat hy oplet dat die man die Bybel lees, maar hy wil net vir die man sê dat hy (die haarkapper) nie in God glo nie. Die man was verstom, maar hy het nogtans vir die haarkapper gevra hoe hy so kan sê omdat God tog ‘n werklikheid is? Die haarkapper antwoord toe dat as daar ‘n God is, waarom is daar dan so baie slegte dinge wat in die wêreld gebeur? Die man kon nie die vraag antwoord nie en het verslae uit die haarsalon uitgestap.
Buite op die straat sien hy toe ‘n man met lang hare staan. Dit gee hom toe ‘n plan en hy stap toe na die lang haar man toe en vra of laasgenoemde saam met hom in die haarsalon sal instap. Haar haarkapper sien die twee inkom en vra vir die man met die Bybel of hy iets vergeet het. Die man met die Bybel antwoord toe dat hy mooi geluister het wat die haarkapper gesê het, maar toe hy buite kom en die man met die langhare sien, hy besef het dat daar nie iets soos ‘n haarkapper is nie!
Die haarkapper was verstom en het dadelik gevra hoe hy dan so kan sê, omdat hy (die haarkapper) hier voor hom staan en tog ‘n werklikheid is? Die man met die Bybel antwoord toe dat as daar iets soos ‘n haarkapper was, waarom het hierdie man wat langs hom staan dan sulke lang hare? Die haarkapper het gelag en gesê dis omdat die man met die lang hare nie na hom toe kom sodat hy sy hare kan sny nie.
Die man met die Bybel antwoord toe dat daar om die rede wel ‘n God is, maar al die slegte dinge in die wêreld gebeur omdat ons nie na God toe gaan daarmee nie! Dis waarom dit lyk of daar nie ‘n God is nie, want ons erken Hom nie in ons lewens nie!
Julle sien, Jesus is altyd daar en Hy wil ons so baie graag help met elke aspek van ons lewens, maar ons wil nie na Hom toe gaan nie! Baie van ons is skaam oor ons sonde of ons dink dat ons te klein is dat Jesus enigsins enige aandag aan ons sal gee, maar ons is verkeerd op so baie maniere as ons so dink!
Jesus het vir ons die vryheid van keuse gegee om ons eie keuses in die lewe te maak en op ‘n manier is dit die enigste werklike vryheid wat ons ooit sal hê. Jesus sal NOOIT OOIT inmeng by ons vryheid om self te besluit nie, selfs al weet Jesus dat die besluit wat ons maak vir ons op die lang duur baie pyn gaan gee. Persoonlik dink ek dat dit vir Jesus uiters pynlik moet wees om te sien hoe ons voort sukkel, seerkry en dan met die pyn van die gevolge moet saamleef. Ek kan my net indink hoe dit vir Jesus moet voel…
Dit bring my by my volgende punt: die feit dat ons die vryheid van keuse het, beteken nie dat ons vry is van die gevolge van daardie keuse nie. Dis waarom Jesus wil hê dat ons met elke keuse wat ons maak eers na Hom toe met gaan en Hom moet ken daarin. Op die lang duur gaan dit vir ons baie pyn spaar as ons dit so doen, maar weereens is daardie keuse ook ons s’n om te maak.
Prys die wonderlike Naam van Jesus!