Die vyand is besig om ‘n kombers van vals sekuriteit oor hierdie wêreld te baie van ons dit aanvaar asof dit normaal is!
Hierdie kombers van selfvoldaanheid en ons kan dit ook bewusteloosheid noem by sommige mense, vertel vir mense dat hulle nog baie tyd het, dat die wegraping nog jare ver is en dat almal verniet bekommerd is… As bevestiging gee die HERE vir ons 1 Tessalonisense 4:16-17: “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.”
Veg terug met die Woord en sny hierdie gevoel af as u dit tee kom, want dit kom nie van die HERE af nie. Die ergste is dat hierdie gevoel van selfvoldaanheid deur die media in plek gehou word en die doel is om die wêreld te sus in ‘n vals gevoel van sekuriteit.
Hierdie bedenkinge wat sekere mense het dat die wegraping nog jare ver is, is die resultaat van die vyand se veldtog om almal wat daarna luister in ‘n diepe slaap te sus. Op daardie manier gaan die skok as dinge begin gebeur uitermatig groot wees.
Net die wat ag slaan op die Woord van die HERE weet dat die einde baie naby is sal die waarheid besef en hulleself gereed hou. Julle gaan uitgelag en bespot word as julle daaroor praat, maar weet dit hulle net so vir Noag ook uitgelag en bespot het. Die waarheid is dat dit die spotters is wat onvoorbereid gaan wees. Net soos in die dae van Noag gaan die einde skielik op hulle wees en gaan hulle nêrens hê om heen te gaan nie.
Op die oomblik hou die HERE die oordeel wat vir hierdie aarde beplan is, terug, maar dit gaan nie meer vir lank wees nie. Geniet dus u laaste dae op hierdie aarde vir hoeveel tyd ons ook al mag hê, liewe leser. Wees ‘n voorbeeld vir ander en laat u lig skyn in hierdie wêreld vir so lank as wat dit ons gegun word. Doen die werk wat die HERE op u hart lê om vir Hom te doen, want dit gaan siele inbring vir die HERE; nou of gedurende die verdrukking wanneer mense die waarheid van wat gesê is gaan besef!
Onthou, dat nie een woord wat u vir JESUS sê of skryf leeg na Hom sal terugkeer nie! Gaan u net voort met u werk op aarde sodat u lampie helder sal skyn as die donkerte oor hierdie aarde toesak. Dit wat u nou doen mag miskien vrugteloos lyk, maar weet dat u werk ‘n groot oes tot gevolg sal hê in die tyd wat gaan volg. U het die saadjie geplant en dit sal opkom en vrugte dra. Dit wat u nou doen sal groot deure vir die HERE oopmaak. Deure wat vir dekades toe was waardeur niks kon in kom nie.
Pas dus op en moenie na hierdie gees van selfvoldaanheid luister nie. Werk vir die HERE tot op die laaste oomblik. Die donkerte wat gaan toesak gaan baie dik wees en die enigste ligpunt in die donkerte gaan ons lampies wees wat vir die HERE gaan skyn.
Mag die HERE hierdie boodskap seën!