Hoe kan ek perfek wees vir Jesus?

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek is seker dat as ek sou vra dat elkeen wat hier lees sy hand moet opsteek as hy al ooit hieroor gewonder het, dan sal dit almal van julle wees; insluitende ek!

Nou kom die skok: dis nie vir ons as mens moontlik om perfek te wees nie; daarvoor is ons net te swak. Ons kan egter perfek wees in ons wil om perfek te wees en dit is waarna Jesus kyk; of jy die wil het om perfek te wil wees. As jy daardie wil het en jy probeer gedurigdeur, self al vaal jy, dan sal die Gees van die HERE jou help om jou swak plekke aan te vul sodat jy beter kan wees. Dieselfde geld vir sonde. Dit maak nie saak hoe baie bekeer jy oortree of val nie; alles hang af van hoe hard jy probeer om perfek te wees en of jy bereid is om jou trots in jou sak te steek en te erken dat jy oortree het.

Ek kan nie vir julle sê hoe baie ek al hieroor gebid het nie, want ek, net soos almal van julle wil ook baie graag perfek wees. Net sodra ek dink ek het dit bemeester, dan val ek en baie hard! Ek het eenslag vir die HERE gevra of Hy dan nie wil hê dat ek perfek moet wees nie en sy antwoord het my geskok! “As Ek jou perfek wou gehad het, dan sou Ek jou perfek gemaak het!”

Julle sien, ons is in die leerskool van die HERE. Ons doel op Aarde is om te leer. Hoe sou jy geleer het as jy perfek was? Jy sou dan volleerd gewees het! Dan sou daar gaan wil gewees het om perfek te wil wees nie en ook geen uitdaging om die hele tyd te wil probeer nie. Begin julle nou verstaan?

Ons is hier om te leer; nie om volleerd te wees nie. Eendag sal ons perfek wees en ook volleerd, maar daardie tyd is nie nou nie. Al wat ons nou kan doen is om aan die HERE se beloftes vas te hou en te glo.

“My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” (2 Korintiërs 12:9)

Moet jouself dus nie verwyt as jy val nie. Ek weet maar net te goed hoe hard baie van julle op julleself kan wees en glo my as ek dit sê; Jesus weet ook! Dink aan daardie gelykenis van die stukkende waterkruik en hoe skaam hy was omdat hy elke dag die helfte van sy water uitgelek het op pad van die rivier af na die man se huis. Toe hy die man vra waarom hy hom nie regmaak sodat hy nie meer lek nie, toe wys die man vir hom die ry blomme wat groei waar die kruik elke dag lek. As die kruik nie gelek het nie, dan sou daar geen blomme gegroei het nie.

Alles het dus ‘n doel, liewe leser. As ons heel en perfek was, waardeur sou Jesus se lig dan geskyn het en hoe sou ons die wêreld daar buite kon oortuig dat Jesus in ons is? Verstaan julle?

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 276 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .