Jy is die hoogtepunt van My dag!

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Vandag het ek ‘n stoet boodskap van die HERE vir julle. Gewoonlik skryf ek hierdie boodskappe in my eie woorde, maar vandag gaan ek dit oordra presies soos ek dit ontvang het.

Wanneer julle na My luister deur die baie boodskappe wat uitgaan, weet julle nie dat Ek meer daarna verlang dat julle luister as wat julle verlang My boodskappe te lees nie? Maar julle benader My asof julle My ‘n guns doen. Luister na My, My bruide. Ek verlang na julle met ‘n Goddelike verlange wat julle nooit sal verstaan nie.

Dis soos om vir ‘n spesifieke skat te jag. Ek soek deur elke moontlike plek vir hierdie skat. Ek soek deur die dieptes van die oseaan, die toppe van die hoogste berge, die dale, die stede, die uitgestrekte ooptes, vir ‘n glinstering wat wil deurbreek van ‘n aarde wat so oorweldig is deur die donker werke van satan.

Dan sien ek een; ‘n siel wat honger vir My, ‘n siel wat aan die brand is vir My. Dan vra ek: “Vader, verander asseblief die kosbare hart van hierdie een sodat Ek met haar kan praat en sy na My kan uitreik.”

Haar hart klop vinniger, maar nooit met die wete dat Ek na haar geselskap verlang nie. Nee, sy dink net aan haarself, “Here, wees u arme sondaar genadig en stuur my ‘n teken van U teenwoordigheid in my lewe.” Nooit dink sy daaraan dat sy met My mag praat nie; van aangesig tot aangesig. So begin die lang proses om haar te oortuig dat Ek na haar geselskap verlang.

Soos ek probeer om haar aandag te wen, kom satan en probeer elke taktiek in die boek om haar te beroof van My werklikheid. Hulle mees suksesvolste taktiek is om haar te oortuig dat sy nie waardig is nie: “Jy is nie waardig nie, want jy is nie ‘n priester of ‘n profeet nie. Jy is nie van koninklike bloed nie en is daarom is jy waardeloos.” En sy glo dit!

Maar dan breek Ek deur en sê vir haar: “My dierbare een, jy is werd die bloed wat ek gestort het vir jou. Jy is werd die lewe wat ek vir jou gegee het op Golgota. Verstaan jy nie? Ek het gesterf vir jou!” Dan draai sy na my toe, terwyl sy veg teen satan se leuens. Deur My genade ontvang sy my in haar hart en loop ons saam. Ek vind plesier in die klank van haar voetstappe soos sy hardloop om te gaan bid. Daar les ek haar dors met die lewende water wat uit my hart uit loop.

Elke dag gaan soek Ek na haar en saam groei Ons. Sy begin na My soek, ten spyte van satan se aanvalle om ons liefde te blus. Ons harte word een en sy word ‘n diamant op hierdie aarde wat elke aanval van satan verbreek en uit skyn na die mense om haar, veral na My. Ek verlang om by haar te wees.

Dit is My liefde vir die een wat “onwaardig” is. Sy offer haarself op die altaar van Ons liefde. Sy verkwik My siel. Sy was my voete met haar trane en sy genees my wonde met die erns van haar hart.

My kind, my kind, weet jy hoe kosbaar jy vir my is? Jy smeek My om by jou besoek af te lê, maar kan jy nie sien dat Ek die Bedelaar is nie? Ek is die Een wat wag vir jou aandag en hoop dat jy sal besef dat Ek verlang om saam met jou te wees.

Wat doen satan? Alles in sy vermoë om ons verhouding af te breek. Van jaloerse eggenote tot leuens oor onwaardigheid, tot leuens dat Ek doof is vir die gebede van gewone siele, tot afleiding, siekte en onderbrekings wat spesifiek ontwerp is om jou te laat afsien van jou daaglikse gebed en tyd saam met my.

Maar ek wag en luister vir die voetstappe van My geliefde soos sy hardloop om te gaan bid en ons weer in mekaar se teenwoordigheid kan wees.

Nou vra ek jou; kom asseblief na My. Jy is die hoogtepunt van my lewe. Jy is die een na wie ek so vreeslik verlang. Jy is die een wat my siel verkwik!

Ek weet wat jy dink: “Hoe kan ‘n mens die HERE se siel verkwik?” Deur vrylik en deur jou eie wil na My te kom. Jou dank gebede bring heling aan My in ‘n see van teleurstelling.

Ek het gesoek, Ek het geroep, Ek het gewag, maar die beheptheid met die wêreld groei daagliks en die fyn rankie van die wingerdstok verdroog. Maar as dit groei en vrugte dra, is dit dan nie genoeg vir My om in trane uit te bars van vreugde nie?

Sien jy nou? Ek gee jou die feite. Ek verlang na jou meer as wat jy na my verlang. Hou op om te twyfel; hou op om My te probeer ontduik en hou op met jou beheptheid met tydelike plesier. Gee eerder jou hele hart en siel om by My te wees. Om my dors te les met die lewende water wat jy aan My terug gee.

Jesus, seën hierdie boodskap!

(Visited 172 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .