Klim op die Ark

Ons is Kinders van die HERE en ons verwag die Seun van die Mens op die wolke deur die geloof wat ons deur Jesus Christus verkry het! AMEN!

Ek hoef sekerlik nie vir julle te sê hoe belangrik heiligmaking in die lewe van die Kind van die HERE is nie. Dit beteken nie dat jy perfek gaan wees nie, want dit gaan jy nooit wees nie. Dit beteken egter dat jy ‘n standpunt kan inneem en ‘n poging kan aanwend om heiligmaking na te streef.

As Kinders van die HERE loop ons nie wydsbeen met een voet op die pad van die HERE en die nader voet op die pad van die wêreld nie, want ‘n dienskneg kan nie twee HERE dien nie. En, nee, Jesus is nie kwaad vir jou nie. Hy wil jou ook nie straf nie. Hy wil jou gesond maak, vir jou nuwe oë gee om mee te kyk en jou op die pad sit wat vir jou voordelig gaan wees. ‘n Pad wat tot jou voorspoed en geluk gaan lei en nie tot jou ewige verderf nie. Kom daarom nou terug na Jesus toe en klim op die ark, want ons tyd is min. Onthou; as Jesus daardie deur eers toegemaak het, gaan dit te laat wees. Die wat gereed was en Jesus eerste gestel het, sal dan saam met Jesus gaan en die wat nie gereed was nie, gaan moet bewys dat hulle gereed is.

Daar is ‘n storm aan die kom liewe leser en dis ‘n lelike storm. Wat so snaaks is, is dat tot die wêreldlinge daardie storm sien en daaroor praat! Dis die Kinders van God wat die waarskuwings sien en dan maak asof hulle dit nie sien nie en dis wat so gevaarlik is! Daardie storm gaan ‘n wêreld tref wat nie gereed is daarvoor nie, maar as jy op die Ark van Jesus is, gaan jy veilig wees. Maak daarom wat ook al nog verkeerd is tussen jou en Jesus reg en klim op daardie ark, want binnekort gaan dit te laat wees.

Mag Jesus hierdie kort boodskap aan julle harte seën sodat die wat dit lees sal kan besef hoe ernstig hierdie waarskuwing is.

Prys die Heilige Naam van die HERE!

(Visited 237 times, 1 visits today)
Tagged , , , .