‘n Liefdes brief van God die Vader

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Vandag het ek die hierdie boodskap vir julle en daar is niks wat ek daarby kan voeg nie.

My kind, jy mag My nie ken nie, maar Ek ken jou en ek weet alles van jou af. Ek weet wanneer jy opstaan, wanneer jy sit en Ek is vertroud met alles wat jy doen. Selfs die hare op jou kop is almal genommer. Jy is gemaak volgens My beeld. In My lewe jy, want jy is My nasaat.

Ek het jou geken nog voor jy gebore was. Ek het jou gekies toe ek die wêreld beplan het! Jy is nie ‘n fout van die samelewing nie, want al jou dae is geskryf in My boek. Ek het die presiese dag van jou geboorte beplan, wanneer jy sou lewe en waar jy sou bly. Ek het jou in jou moeder se baarmoeder geskape en ek het jou daaruit gebring op die dag van jou geboorte.

Ek word verkeerd voorgestel deur die wat My nie ken nie. Ek is nie afsydig of kwaad vir jou nie, maar juis die teenoorgestelde. Ek is die ware uitdrukking van liefde en dit is My wil om My liefde op jou uit te stort, omdat ek jou Vader is en jy My kind. Ek bied jou meer as wat jou aardse vader jou ooit kan bied. Ek is die perfekte Vader, want alle goeie dinge wat jy in die lewe ontvang het, kom van My af. Ek is jou voorsiener en Ek voorsien in al jou behoeftes.

My plan vir jou was nog altyd gevul met hoop omdat ek jou lief het met ‘n onuitblusbare liefde. My goedheid is ontelbaar, net soos die sand op die strand ontelbaar is. Ek verheug my in jou doen en late en Ek sal dit nooit ophou doen nie, want jy is My mees waardevolste besitting. Ek het jou lief met My hele hart en met My hele siel en Ek wil jou groot en ondeurdringbare dinge wys. As jy My soek met jou hele hart, dan gaan jy My kry. Verheug jou in My en ek sal die begeertes van jou hart volbring, want Ek is wie ek sê Ek is! Ek is die een wat jou daardie begeertes gegee het en Ek kan meer doen as wat jy ooit sal kan besef. Ek is jou grootste aanmoediger, die Vader wat jou troos as jou hart gebroke is. Ek is die hele tyd naby jou!

Soos ‘n skaapwagter ‘n lam sal dra, so dra Ek jou en hou Ek jou naby My hart. Ek droog jou trane af en Ek sal die pyn wat jy op hierdie aarde deurgemaak het wegvat. Ek is jou Vader en Ek het jou lief, net soos Ek My Seun Jesus lief het. Deur Jesus word My liefde vir jou bewys en word dit bewys dat Ek vir jou is en nie teen jou is nie. Ek tel nie jou oortredinge nie.

Jesus het gesterf sodat ons versoen kon word. Sy dood was die grootste uitdrukking van My liefde vir jou en My begeerte dat jy nie verlore hoef te gaan nie. Ek het selfs my eie Seun prys gegee om jou liefde te kan wen. As jy die geskenk van My Seun Jesus ontvang, dan ontvang jy My en niks sal ons daarna ooit skei van daardie liefde nie.

Kom huis toe en ek sal die grootste partytjie gooi wat die Hemel nog ooit gesien het! Ek was en sal altyd jou Vader wees. Die vraag is of jy My kind sal wees.

Jou Hemelse Vader en die Hoogste God.

image_pdfLaai afimage_printDruk
Tagged , , , , , .