Satan is besig om ‘n kombers van misleiding oor die oë van die aardbewoners te trek en hierdie boodskap is om julle daaroor te waarsku.
Pasop na wie jy luister! Moenie enige iets glo wat jy van die media, vooraanstaandes of politieke leiers hoor nie. Niks daarvan gaan die waarheid wees nie. Dit gaan weer wees soos met die COVID tyd waar daar vir jou gesê gaan word hoe veilig die inenting is terwyl ons almal nou weet net wat se skade dit aangerig het. Moenie gehoor gee nie!
As jy iemand is wat reg en geregtigheid lief het en jy het Jesus lief met jou hele hart, dan hoef jy geensins bekommerd te wees nie, want jy gaan weet wat die waarheid is en die leuens gaan jou nie affekteer nie. Vir die wat nie daar is nie, gaan val vir die leuens en hulle gaan dit glo!
Die antichris is op die punt om in hierdie wêreld geopenbaar te word. Die Bybel sê vir ons in 2 Tessalonisense 2:9 “hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen.”
Die nag lug oor New Jersey en New York is saans vol Vreemde Vlieënde Voorwerpe. Daar is nou al so baie dat lughawens vir kort rukkies gesluit word en vliegtuie herlei word om botsings te voorkom. Mense skiet met hulle persoonlike vuurwapens op hierdie goed wat soos hommel tuie lyk, maar hulle kan hulle glad nie raak skiet nie! Die voorwerpe vorm patrone in die lug en sodra hulle genader word met ander vliegtuie, dan word hulle donker. Daar is ook waargeneem hoe hierdie voorwerpe kan verskyn en weer verdwyn in ‘n oogknip.
2 Tessalonisense 2:10 sê vir ons dat die wat sal val vir die leuens en dit sal glo die gaan wees wat “die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.” Dit wil sê, die wat weier om gered te word, die wat hulle rug op God gedraai het en weier om Hom te erken. Ek weet dat baie van julle, net soos ek, familie lede het wat in hierdie kategorie val en ek weet dat dit weer gaan wees soos in die COVID tyd waar hulle ons gaan probeer oortuig dat die leuens die waarheid is…
Waarom gebeur hierdie dinge? Weereens het 2 Tessalonisense 2:11-12 die antwoord vir ons: “En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.”
Hierdie mense wat weier om gered te word; wat weier om Jesus se liefde te aanvaar en wat weier om Hom te erken as heerser, moet geoordeel word en hierdie is hulle oordeel; vir hulle om die leuen te glo omdat hulle weier om die waarheid te glo…
Die ergste is dat ek mense soos dit in my familie het en dit breek my hart om te sien wat met hulle gebeur, maar Jesus alleen weet hoe baie keer al daar met hulle gepraat is… Hoe baie keer die waarheid aan hulle uitgelê is, maar daar word geen gehoor gegee nie… Nou stuur Jesus hierdie oordeel: omdat hulle die waarheid nie wou glo nie, nou word die leuen gestuur en die sal hulle glo.
Vir julle wat gered is deur die Bloed van die Lam en wat Jesus met julle lewens lief het, julle gaan veilig wees solank as wat jy vashou aan Jesus se kleed en onder die leiding van die Heilige Gees bly. Soos ek gesê het, moenie luister na wat in die media aan jou vertel word nie. Moenie na politieke leiers luister nie en ook nie na vername mense of aanhangers nie. Jesus is die enigste pad na die waarheid.
Ons tyd op hierdie aarde is min, liewe lesers. Niemand weet presies wanneer Jesus gaan kom nie. Ons almal weet dat dit naby is, maar onthou ook dat nie almal wat sê HERE, HERE in die wegraping geneem gaan word nie. Julle gaan verbaas wees as ek vir julle sê hoeveel mense ek ken; wat gered is, maar vir Jesus glad nie ken nie. Dit maak ‘n mense bang as jy dink net hoe min mense in die wegraping geneem gaan word. Baie dink dat jy net gered moet wees en dan is jy veilig… Wat het Jesus in Mattheus 25:12 gesê aan die wat by die toe deur opgedaag het? “Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.”
Ken Jesus jou, liewe leser? Het jy ‘n persoonlike verhouding met Hom? Bid jy gereeld? Vertel jy Hom van alles wat met jou gebeur het? Vra jy vir Jesus as jy nie meer weet watter kant toe nie? As jou antwoord op enige van hierdie vrae nee is of jy weet nie; dan het jy rede om bekommerd te raak!
As jy ore het om te hoor, luister dan!
My Verlosser en my Leidsman; U weet hoe naby ons aan die tyd gekom het vir U om U Bruid te kom haal en ons weet ook dat alles gebeur volgens U Wil! Ons weet ook dat as dit moontlik was vir die uitverkorenes om mislei te word, dit gedoen sou word, maar satan het nie daardie mag nie. Daarom wil ek vandag ‘n spesiale gebed doen vir almal wat hierdie boodskap lees en dit ter harte vat, HERE! Ek wil vra dat U elkeen van hulle se geestelike oë en geestelike ore sal oopmaak sodat hulle die waarheid van die leuen sal kan onderskei, My Vader. Bewaar ons, HEER en wees met ons al die dae totdat die tyd gekom het om vir altyd by U te wees. AMEN!
Mag die HERE hierdie boodskap aan julle harte seën!