Ons staan by die deur en klop

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Kyk net hierdie fantastiese boodskap van aanmoediging direk uit die troon kamer van die HERE, Heerser van die Heelal!

Jesus weet ons kry swaar. Hy weet ook dat baie erge ongemak verduur, in angs lewe en nie seker is oor wat die dag van môre gaan inhou nie. In Openbaring 3:20 sê Jesus “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.” Vandag kan ons sê dat ons by die deur van die Hemel staan en klop. Ons klop vir Jesus om oop te maak en ons te kom haal! Prys Sy Naam!

Die wegraping van die Kerk is naby. Ek weet dit, want ek kan dit aanvoel net soos baie van julle ook kan! Jesus weet dat daar van julle is wat wonder of julle waardig gaan wees om geneem te word omdat ons almal so worstel met ons sondes. Hier het ek die antwoord vir jou uit die Woord van die HERE, liewe leser: “Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.” (Sefanja 3:11)

Dan gaan ek voort vanaf vers 14 [14]  Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem! [15]  Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.”

‘n Groter belofte is dit kan daar nie wees nie! Ons oordele opgehef, ons vyande weggevee, Jesus by ons en dan sal ons niks meer vrees nie! Prys die Naam van Jesus!

Liewe Kinders van die HERE! Daar is geen rede tot vrees meer nie. Ons verduur miskien nou ongemak, maar dit sal ook tot ‘n einde kom. Wanneer ‘n baba gebore word is die ongemak en die pyn op sy ergste, maar as die baba eers gebore is, dan word daar nie meer aan die pyn of die ongemak gedink nie.

“Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.” (Jesaja 43:11)

Vertrou daarom op die HERE, want Hy is nog steeds in beheer! Hy is ons Heiland en daar is niemand anders behalwe Hy nie. Hy GAAN kom, want Hy het gesê Hy gaan. Hy is wie Hy sê Hy is! Glo, hoop en vertrou!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk
Tagged , , , , .

One Comment

  1. Dankie vir hierdie boodskap van hoop!
    Net ter bevestiging hiervan wil ek vanoggend iets deel
    So week of wat terug het ek die nag wakker geword van n geklop wat ek gehoor het . . . helder en duidelik
    Ek was dadelik wakker . . . nie bang nie en het net geweet dis iets wat ek in die gees moes gehoor het
    Nodeloos om te sê het ek dadelik gedink aan hierdie spesifieke vers:
    Openbaring 3:20 wat sê “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop!

Comments are closed.