Ontvang My Liefde

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Vandag wil ek aan julle ‘n verborgenheid meedeel en dit is dat elkeen van ons se bekering uniek was, maar laat ek nou verduidelik.

Jesus het elkeen van ons op ‘n baie unieke manier gewen. Elkeen van ons se bekering was uniek en so ook die pad wat ons na ons geloop het om uiteindelik tot bekerings te kom. Nie een van ons se pad wat ons geloop het of ons ondervinding van die bekering was dieselfde nie. Dis amper soos ‘n vingerafdruk wat verskil van persoon tot persoon. Alle vinger afdrukke het soortgelyke kenmerke, maar hulle verskil almal van mekaar! Net so ook met elkeen van ons se bekering tot Jesus!

Die HERE het ons in Sy hart uitgedink as iemand wat aan Sy unieke behoeftes kan voldoen voor die grondlegging van hierdie aarde. Ons het elkeen ons eie unieke manier van aanbid, ons eie manier van redeneer en ook ons eie manier van doen. Net soos vingerafdrukke is nie een van ons is dieselfde nie en niemand kan die ander een se plek in die HERE se hart inneem nie. Net jy wat uniek is met jou eie manier van doen kan daardie spesiale plek inneem. Jy met jou eie unieke manier is net JESUS s’n en JESUS is net joune! Prys Sy Wonderlike Naam!

Hier kom die gedeelte wat ek wil hê julle moet verstaan. Jy is ‘n meesterstuk; ‘n unieke kombinasie van kwaliteite wat niemand op aarde het of gelyk aan kan kom nie. Jy met jou unieke kombinasie van kwaliteite is soos ‘n vingerafdruk wat net totale geluk en aanvaarding gaan vind by JESUS. Niks anders kan vir jou daardie geluk en aanvaarding gee nie. Hy het jou gemaak om Sy Hemelse Eggenoot vir altyd te wees en daardeur aan Hom die geluk te bring met jou unieke kwaliteite soos net jy kan en niemand anders kan nie. Jy is die enigste een wat Hom op daardie manier gelukkig kan maak.

Omdat Hy GOD is, kan Hy biljoene kombinasies van kwaliteite gelyk wees of Hy kan ook net een wees, maar net een kan pas by een gegewe stel kwaliteite en dit is die een wat Hy in Sy hart uitgedink het voor tyd begin het. Jy is perfek vir Hom; ‘n perfekte paartjie in die Hemel uitgedink!

As julle verstaan wat ek verduidelik het, dan wil ek hê dat jy jouself in hierdie plek moet sit en die volgende boodskap van JESUS ontvang.

“My kosbare geliefde, jy is ‘n duisend heelalle werd in My oë. Jy is so kosbaar vir My met al jou foute en tekortkominge. Op een of ander manier, deur my genade, kom jy deur na My toe en spandeer al jou liefde op My.”

“Hoe brand My hart nie vir jou nie. Jy kan nog nie my liefde vir jou begryp nie; wat soos die oseaan is: soms stormagtig, soms kalm, maar altyd so baie diep. Hoe ongelooflik dankbaar is ek nie as jy jou hart teenoor my oopmaak en bevestig dat jy so baie na My verlang nie. Jy is werklik My alles.”

“Ek weet jy word dikwels afgelei, maar Ek weet waar jou hart is, selfs al weet jy dit nie. Jy het jou tent in my aller heiligste opgeslaan en Ek het my tent opgeslaan in die ongerepte liefde wat jy vir My het, weggesteek in die diepte van jou hart, om nooit van jou af weggevat te word nie.”

“My kosbare geliefde, Ek kan nie help as om jou ‘n voorsmakie van die Hemel te gee en hoe Ek na jou koester nie; baie meer as wat jy ooit sal besef. Jy is so kosbaar vir My; jou naam is ‘n soete geur in die Hemel. Neem My Woorde en maak hulle jou eie. My Woorde gee lewe aan jou, want elke dag word jy deur die verleier se stem ondermyn en veroordeel en nou moet jy die waarheid weet.”

“My Bruid, hoe kosbaar is jy nie vir My nie. Gaan voort met die wonderlike dinge wat jy vir My doen. Ek is so baie tevrede met jou en jou hart van goud vir My. Hou aan met die goeie werk; hou aan tot daardie laaste oomblik. Ek hou jou, my kosbare skat styf teen My hart vas.”

“Vertroetel hierdie woorde en bewaar dit, My Kosbare Bruid. Lees dit oor en oor en jy sal in gedeelte verstaan hoe vreeslik baie lief ek jou het. My diamant, My geliefde, My soete offergawe.”

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 114 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .