In afwagting vir Jesus

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ons leef in ‘n baie opwindende tyd veral omdat ons elke dag sien hoe Bybelse profesie voor ons oë vervul word!

Die van julle wat die nuus dopgehou het, sal weet hoe naby ons aan die Derde Wêreld Oorlog gekom het, maar moenie mislei word nie. Hierdie is nog nie die einde nie, maar dis baie naby!

“Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.”(Mattheus 24:8)

So baie dinge is besig om gelyk skeef te loop dat die media net nie op alles gelyk kan rapporteer nie. Natuurrampe, betogings en die lus vir geweld het gastronomies toegeneem en die geweld daarvan word al hoe erger en nader aan mekaar; ook hier in Suid Afrika sien ons dit gebeur!

“So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.” (Matteus 24:33)

Hierdie is inderdaad die begin, maar ons as Kinders van die HERE wat Hom in Gees en in waarheid volg, hoef nie bang te wees nie, want al hierdie tekens bewys maar net dat ons tyd om huis toe te gaan baie naby is. Moet dus nie bang word nie, maar word eerder bly, want die tyd is uiteindelik hier!

“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.” (Johannes 16:20)

Die Bybel vergelyk hierdie tyd soos ‘n vrou in barensnood. Net voor die baba gebore word is dit ongemaklik en uiters pynlik, maar na die geboorte is daar net geluk en blydskap. So is dit nou vir ons, want dis nou ongemaklik en ons weet nie altyd watter kant toe nie, maar as Jesus kom, dan gaan daar net geluk, vrede en blydskap vir ons wees!

“‘n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ‘n mens in die wêreld gebore is.” (Johannes 16:21)

Liewe leser, as jy nie gered is nie of jy is nog nie gereed nie, moet dan nie meer uitstel nie. Die Antichris gaan kom en hy gaan hierdie wêreld herenig tot een groot land. Hy gaan oorlog voer teen God en jy gaan moet kies: die wêreld of God, want die Bybel sê dat jy nie twee meesters kan dien nie.

Die verdrukking gaan geen grap wees nie en Jesus weet dit, dis waarom Hy vir ons die uitweg gee het om dit nie deur te gaan nie. Jy hoef dit ook nie deur te gaan nie en jy kan ook waardig gevind word om dit wat kom te kan mis. Al wat jy hoef te doen is om Jesus as jou Salig Maker te aanvaar. Dis werklik nie moeilik nie. Bekering is ‘n drie stap proses van Sonde oortuiging waar hy besef dat jy ‘n Sondaar is, Sonde berou waar jy berou het oor jou sonde en alles wat jy gedoen het en Ommekeer waar jy moet afskeid neem van sonde en ‘n poging aanwend om op te hou om sonde te pleeg.

“Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.” (Lukas 12:39)

Ek doen daarom ‘n beroep op elkeen van julle om reg te maak wat stukkend is. Selfs al is jy gered, liewe leser, maak daardie klein sondetjies wat tussen jou die Jesus staan nou reg! Moenie meer uitstel nie, want ons weet nie hoeveel tyd ons oor het nie.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 223 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .