Moenie met vuur speel nie

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Nou dat ons so naby aan die einde is, sal baie van julle sal voel dat julle uitermate baie deur satan versoek word…

Satan weet dat sy tyd om die Bruid van Jesus te versoek min is en dis waarom hy nou letterlik alles ingooi om so veel as moontlik tot ‘n val te bring voor Jesus gaan kom om ons te kom haal. Sommige word afgelei deur wêreldse dinge terwyl ander vleeslik versoek word. Baie gee in tot versoekings waarvan hulle liewer van moes weggebly het.

Onthou, liewe leser, dat Jesus ons sal verlos op die oomblik as die versoeking op sy ergste is. Moet asseblief nie ingee as satan jou versoek nie. Jesus laat hierdie versoekinge toe omdat Hy die vuur daarvan gebruik om die laaste fasette van ons siele skoon te poleer voor Hy gaan kom. Jesus staan gereed om ‘n einde aan die versoekinge te maak, maar dan moet ons Hom vra.

Satan soek die wat swak is en nie kan byhou nie. Staan dus op, neem beheer en bestraf satan voor hy ‘n voet in die deur kan kry. Onthou dat Jesus ons sal verdedig op daardie oomblik. Roep Hom aan en moenie ingee en sondig nie. Fokus eerder op Jesus en laat Hom toe om die situasie oor te vat as dit te veel vir jou raak.

Almal van ons het ‘n punt waar ons nie meer kan nie. ‘n Punt waar ons nie meer skoon kan bly nie. Dis op daardie stadium wanneer ons tot Jesus moet roep en Hy sal dan tot ons redding kom.

Kom ons kyk nou na seksuele versoekings. Nege uit die tien kere wat dit met iemand gebeur is dit demonies van aard. Demone het die manier om elektriese impulse na mense se liggame te stuur sodat hulle opgewerk word. Die demone sal dieselfde doen aan die mense om jou sodat jy oor die tou moet trap. Hulle sal verder gaan en jou tot laat droom dat jy omgang het met iemand wat jy van hou. Hierdie demone het die vermoë om hulleself te verander sodat hulle lyk soos die persoon wat jy van hou, maar onthou dat die versoeking nog steeds demonies van aard is.

Wees slim mense. Moenie dat satan jou sover kry om jou Bruidskat prys te gee en jou lewe in die proses te ruïneer nie. Die reperkussies vir jou oortreding kan lewenslank wees, partykeer selfs baie langer. Bly dus op julle hoede en bly gehoorsaam aan Jesus. Dit mag dalk nie altyd moontlik wees om elke konfrontasie te wen nie, maar vir Jesus is dit moontlik. Bly getrou gaan altyd terug as jy oortree het.

Voor ek hierdie boodskap eindig het ek ‘n waarskuwing van Jesus wat aansluit by hierdie tema.

“So baie kla net sonder om ooit dankie te sê. So baie is ondankbaar sonder om ooit hulle seëninge te tel. Ek is moeg van al die onverskilligheid van mense teenoor My.”

“So baie jaag die genot van die vlees na en hulle is heeltemal gemaklik daarmee. Met trots en verwaandheid kom kniel hulle voor My. Suinigheid ken geen perke as dit kom om te trap op die armes nie. Hierdie dinge het al so ver gegaan dat dit al ver verby die punt van omdraai is.”

“Die skrif is teen die muur vir hierdie wêreld, dis waarom die Vader vir My binnekort gaan stuur om My Bruid te kom haal. Sodat sy wat so getrou was nie die onuithoubare reuk van die dooie liggame wat in die strate gaan versamel hoef deur te gaan nie.”

“Ek maak staat op julle om met ‘n arendsoog te kyk en gereed te wees wanneer Ek gaan kom. Moenie onvoorbereid gevang word nie. Hou julle lampe se kanne vol olie en die vlammetjies klein gedraai. Onttrek jou aan die wêreld, NOU, tensy jy wil wees soos Lot se vrou wat teruggekyk het.”

“Ek is baie ernstig oor dit wat Ek nou sê, want sommige van julle sit nog steeds op die draad! Jy gaan alles verloor as jy nie ophou om kompromieë aan te gaan en die dag van die HERE soos ‘n dief in die nag op jou toesak nie.”

“Daar gaan geen laaste kans wees nie want die dag en die uur is nou baie naby. Wee jou wat Ek besig gaan vind met wêreldse dinge as Ek kom. Jy sal nog steeds gered word, maar dit sal deur die vuur van die verdrukking wees!”

“Vir die wat die wêreld vir My verlaat het, wag daar ‘n beloning van geluk en vrede wat ver verby enige iemand se begrip van lengte en breedte is. Jy sal deur die Engele van my Vader begelei word na die Bruilofsfees van die Lam. So sal jy vir altyd by My, jou HEER en KONING wees.”

“Wees bly my Bruid, want Ek is baie naby, selfs voor die deur!”

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 288 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , , .