Rus in My

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Vandag het ek vir julle ‘n boodskap van ons Heer en ons Geliefde; Jesus Christus.

“Ek weet julle verwag My gou en dit is presies waar Ek julle wil hê. Al wat Ek nou vra is dat julle ophou om gespanne te wees en aangaan om die goeie te doen totdat die daglig heeltemal weg is. Wanneer die daglig weg is, sal dit so donker wees en die teenstand so groot dat al wat enige iemand sal kan doen sal wees om te bid.”

“Maar vir nou is die daglig nog met julle en het julle nog steeds werk om te doen. Omdat julle na My geluister het, hou julle julle bruilofskleed skoon deur altyd waaksaam te wees. Moenie bekommerd wees oor die groot sondes nie, My Bruid. Waak eerder teen die klein oortredings, want dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel. Die vyand gaan jou nie versoek met die groot sondes voordat jy nie swak genoeg is en van die res van die trop geskei is nie.”

“Het julle al ooit leeus gesien jag? Hulle kruip deur die gras en wag vir die een wat van die trop geskei word. As jy dus voel dat jou verbintenis met My swakker word (tensy dit van My kant af kom omdat Ek tyd spandeer met iemand wat dit meer nodig het), wees dan baie op jou hoede. Die wat afdwaal is so besig dat hulle nie oplet dat hulle besig is om die beskerming van die trop te verlaat nie en hulle vergeet om om hulle rond te kyk.”

“So gaan dit met julle ook. Die vyand kom na jou toe met die klein goedjies en probeer om jou te laat komprimeer daarop. Dis wanneer jy bereid is om op die klein goedjies te komprimeer, dat die skeidings proses begin. Jy raak so gefassineerd met die plesier van ander dinge dat jy jou waaksaamheid verslap. Dan is jy buite die beskerming wat Ek daargestel het vir die trop en dis dan wanneer die vyand sy hou inkry.”

“Ek praat nou met julle terwyl julle wagtent en gereed is, maar sommige van julle is nog baie gespanne. Rus in my en laat My toe om die spanning te dra. Ek wil hê dat julle in My moet rus en moet doen wat jou hande vind om te doen. Bekommernisse en vrees sal jou net uitmergel en dan gaan jy ‘n maklike prooi vir die vyand word.”

“Rus eerder in My en word elke dag versterk, ten volle bewus dat die einde enige oomblik kan kom. Baie van julle, indien nie almal nie, wat hierdie Woorde van My lees en dit ter harte neem is gereed. Jou lampie is aangesteek en jy het ekstra olie saamgebring vir die lang waak. Dit het etlike maande gevat om julle tot op hierdie punt te kry, maar nou is julle hier! Julle weet maar te goed wat julle oortredings van die verlede was en daarom is julle op julle hoede en let julle mooi op om dit nie weer te herhaal nie. Julle oor-belê nie in hierdie wêreld nie, want julle weet dat julle tyd baie min is.”

“Handhaaf hierdie ingesteldheid, My Geliefdes. Onderhou dit deur vertroue, geduld en deur te rus in My.”

“Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry. En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingel sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.” (Lukas 21:19-20)

“Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag.” (Jesaja 30:15)

“Hierdie verse beskryf prefek waar julle nou is.”

“Hierdie is my beraadslaag vir julle: Die Bruidegom bly lank weg, My genade is vir jou genoeg, hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin!”

“Nou vra ek dat julle in My moet rus. Ek gesê het dat ek uit die dode sal opstaan en ek het. Weet verseker dat Ek gesê het dat Ek sal terugkom om julle te neem na waar Ek is en Ek SAL! Tot dan, wees standvastig en geduldig wetende dat alles baie gou tot vervulling gaan kom. Laat my Genade deur julle skyn en ander siele in hierdie wêreld aanraak met ‘n bonatuurlike uitdrukking van geloof in aksie.”

“Wees rustend en wagtend. Op hierdie manier sal jy, My Bruid, in glorie skyn as Ek gaan kom om jou oor die drumpel van die ewigheid te dra en ons vir ewig saam sal wees. Ek het dit gesê en Ek sal dit doen!”

“Jou deel? Hou jou bruilofskleed skoon. As jy struikel en val, hoef jy net uit jou hart uit, waar Ek lewe, uit te roep en Ek sal jou herstel.”

“Wees nederig in My hart en in jou eie oë en Ek sal nie vaal om te doen wat jy as onmoontlik beskou nie. Hierdie is My perfekte wil vir jou: Rus in My. In stilte. In vertroue. In totale geloof.”

“Rus in My.”

(Visited 202 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , , .