Sekondes voor Middernag

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Tyd loop nou vinnig uit; daar is nog net sekondes op God se horlosie oor…

Die verdrukking kan nie meer uitgestel word nie. Die deur van genade is besig om te sluit op hierdie wêreld. Binnekort gaan daardie deur gesluit wees en dan gaan die wat buite is blootgestel word aan ongekende leiding en smart. Satan begeer om hierdie wêreld te regeer en as hy daarmee klaar is, gaan daar niks oorbly behalwe verbrande as en uiterste chaos nie.

Ek weet dat daar baie is wat nie belangstel nie of nie juis omgee nie. Ek weet dat daar ook baie is wat sê, dat hierdie waarskuwings al oud is, want niks gebeur tog nie… Luister asseblief; ook die wat reeds gered is. Julle wat hierdie lees, gaan die verdrukking sien kom, maar ons sal nie daardeur gaan nie, want die HERE het belowe dat Hy ons sal kom haal sodat ons ook kan wees waar Hy is! (Johannes 14:2-3) Moet dus nie bevrees word as julle sien wat alles gebeur nie. Sorg dus dat u ten alle tye gereed is. Vertrou op die HERE en BID.

As daar enige manier was wat die HERE die verdrukking kon afgestel het sodat dit nie meer nodig sou wees nie, sou Hy, maar daar is geen ander uitweg nie. Dit is waar dat die HERE genadig is dat Sy genade ken geen einde nie, maar die oes is ryp en die sekel is skerp. Die HERE gaan ‘n algehele einde maak aan sonde en die verdrukking is die enigste manier om dit te doen.

Pasop om louwarm te word. Dis baie makliker as wat dit klink en moenie dink dat dit nie met jou kan gebeur nie. Dis baie maklik om jou aandag van die HERE af weg te lei, selfs al is jy ‘n ware Kind van God. Satan is baie goed met hierdie soort ding en hy weet presies hoe om jou aandag so besig te hou met onbenullighede dat jy skielik minder en minder tyd vir Jesus het! Pasop om nie so betrokke te raak by dinge van die wêreld dat julle van koers af te gaan nie. Voor jy mooi weet, bid jy al hoe minder en deel jy al hoe minder gawes wat die HERE aan jou toe vertrou het uit. Om te bid en tyd met die HERE te spandeer word dan skielik ‘n stryd, want daar is ander interessanter dinge! PASOP!

Ek weet dat baie van julle voel soos mislukkings en julle wonder of julle waardig gaan wees om die wegraping mee te maak. Baie wonder openlik of die HERE tevrede is met dit wat hulle doen. Alles wat jy ervaar is leuens van satan! Moenie daarna luister nie! Ons bring vir die HERE tonne vertroosting oor dit wat binnekort moet gebeur en satan weet dit, daarom probeer hy dit afsny. Satan se hele bestaan gaan om vir die HERE grief te besorg. Satan kan nie die HERE seermaak nie, maar hy kan ons seermaak en deur ons seer te maak, maak hy God se skepping seer.

Bly dus waaksaam en weet dat die HERE verlang om ons by Hom te hê. Die HERE veroordeel ons nie. Hy waarsku ons net sodat ons nie deur die wêreld weggerokkel word nie. Spandeer tyd saam met die HERE en sorg dat Hy altyd jou nommer een prioriteit is in alles wat jy doen, want Hy wil jou so graag teen Sy bors vasdruk en troos!

Baie van julle is bang; ek weet, maar julle hoef nie te wees nie. Weet dat Jesus daar is vir jou en Hy is gereed om wat ook al vir jou probleme gee oor te vat. Hou net moed! Dit waarmee baie van julle nou so sukkel gaan binnekort so klein en onbenullig lyk dat julle gaan daaroor lag. Sorg net dat jy by die HERE bly. Bly in gebed en moenie toelaat dat enige iets jou van die HERE skei nie. Tyd vir selfsugtige gedagtes en eie wil is daar nie meer nie. Bid vir die redding van siele. Bid vir die wat julle ken en dat hulle hulle pad betyds na die HERE sal vind voor dit te laat is.

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk