Wie van julle was al ooit enige insident betrokke gewees soos in ‘n motorongeluk, het dit verwag of dit gesien kom…
Ek was al in drie motorongelukke betrokke en ek het nie een van hulle verwag of selfs gesien kom nie. Dank die HERE dat niemand in enige van die ongelukkige seergekry het op enige manier nie. Dis dan ook presies waarteen Jesus ons in 2 Petrus 3:10 waarsku oor sy koms: “Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag…” Daar sal geen waarskuwing wees nie; vir baie sal dit net te laat wees.
Susan werk by ‘n verpleeg oord. Hulle het baie vrywilligers wat hulle vrye tyd opoffer om te help. Sy is besig om ‘n musiek blyspel te organiseer vir die ou mense en is besig om die laaste reëlings te finaliseer. Skielik hoor sy ‘n trompet wat blaas en hoe die aarde saggies skud. Sy weet onmiddellik wat dit is. Sy kyk op na Jesus en vra: “Nou? Ek was net…” maar voor sy kan klaar maak, word sy opgeneem in die wagtende arms van Jesus.
Aan die ander kant van die dorp het Alex ‘n Bybel Studie groep vir hawelose mense begin. Dis sy derde week wat hy haweloses in een van die dorp se openbare parke ontmoet en dan met hulle uit die Bybel uit gesels. Hy wou dit al so lank doen, maar het nog altyd gehuiwer totdat hy die gevoel gekry het dat hy dit moet doen. Hier staan hy nou tussen ‘n groepie mense wat sy eenvoudige lesings uit die Bybel uit asook die kos wat hy gereeld bring, baie geniet. Hulle sien vir die eerste keer hoe die Woord van Jesus onder mense kan werk. Skielik hoor hulle trompette wat blaas in die lug. Alex kyk op en sê “Maar HERE ek het nou net begin!”
Twee dorpe verder het Linda se man haar gelos oor haar geloof. Sy het drie kinders om op haar eie te versorg. Vriende van haar kerk het vir haar tydelike verblyf gegee. Sy is besig om ‘n paar liedjies wat sy self geskryf het te oefen, want hierdie Sondag is haar debuut in die kerk. Sy is uitgenooi om een van haar liedjies in die kerk te sing. Die oorverdowende geblaas van trompette gaan deur die huis. Die kinders hardloop na haar toe en vra wat aangaan. Sy sit haar kitaar neer en hardloop na die venster toe en daar staan Jesus! “Nou, Here? Ek het nou net hierdie liedjie bemeester…” maar voor sy haar sin kan klaarmaak, word sy en haar kinders opgeneem in die Hemel.
Erica is besig om geld in te samel om te help om die mediese uitgawes te dek vir ‘n kind wat met kanker gediagnoseer is. Die kerk is gepak met donasies en sy en haar twee vrywilligers is besig om die donasies te organiseer en plakkers op te sit. Skielik hoor sy die trompette wat in die lug blaas. Haar mond val oop, maar voor sy iets kon sê word sy in die Hemel opgeneem.
Pieter ry saam met drie van sy vriende na die winkelsentrum in ‘n stad daar naby. Sy vriende spot hom altyd oor sy geloof, maar hulle is nie gemeen met hom nie. Hy probeer baie hard om hulle te oortuig om Christene te word, maar sover het hy nog nie geslaag nie. Skielik hoor hy trompette blaas. Hy kyk na sy vriende, maar nie een van hulle geen enige indikasie dat hulle enige iets gehoor het nie. Pieter kyk op, sien vir Jesus en sê “Maar HERE, hulle is nog nie gereed nie…”
Hierdie gebeure wat hierbo beskryf word kan baie moontlik wees hoe die wegraping vir ons gaan afspeel: skielik en sonder enige vooraf waarskuwing!
Verstaan julle nou waarom dit so belangrik is om die heeltyd gereed te wees. Ons weet nie wanneer die tyd daar gaan wees nie. In Lukas 12:40 staan “Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.”
Ons hoef nie perfek te wees nie, want jy gaan dit nooit kan wees nie, maar jy moet perfek berouvol wees. Dit beteken dat jy gereeld vergifnis moet vra vir jou sonde. Moet dit nooit uitstel nie!
Maak gereed en hou jou bruilofskleed so skoon as wat dit vir jou moontlik is. Vertrou dan op Jesus om die res te doen! Onthou dat ons tyd byna om is! Hierdie tyd waarin ons nou is, gaan gou genoeg oor wees…
Mag die HERE hierdie boodskap seën!