Mag die bystand en die vrede van Jesus met julle wees, sodat julle sal kan sien net hoe lief Jesus elkeen van julle het.
Jesus wil hê dat elkeen van julle moet weet dat julle gedurig in Sy gedagtes is. Hy wag vir jou om te sien hoe doelloos jou aardse bestaan is en om in geloof ver buite jou vermoëns uit te ryk! Almal van julle is stadig besig om weg te skeur van die dinge wat vroeër julle aandag vasgehou het en ons doen dit deur Jesus se genade, maar nou wil Jesus hê dat ons dit al hoe meer moet doen deur op Sy genade staat te maak wanneer ons menslike vermoëns ons in die steek laat!
“Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.” (1 Korintiërs 1:18)
Jesus sê skilpad treetjies; moenie groot veranderinge te gou probeer doen nie, want die uithouvermoë van die stadige skilpad het op die ou end gewen oor die spoed van die haas! Jesus se genade word elke oggend vernuwe soos jy jou dag begin. Wees egter op die uitkyk, want jy is besig om die heeltyd ontslae te raak van alles wat aards is asook die opinies van mense. Sal die dienaar van Jesus dan gehoor gee aan menslike wysheid? Natuurlik nie!
“My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.” (Johannes 10:27)
Nou dat jy op ‘n nuwe roete is om ontslae te raak van dit wat aards is en meer geheg te raak het aan Jesus en Sy liefde vir jou, weet Jesus dat jy hierdie roete al voorheen probeer loop het, maar hierdie keer gaan dit nie so moeilik wees nie. Jy het nou ‘n heel ander uitkyk op die lewe, dis waarom dit makliker gaan wees. Maar as jy deurmekaar raak en nie meer weet watter rigting nie, onthou hierdie eenvoudige reël: Doen alles wat jy doen uit ‘n oogpunt van liefde vir Jesus.
Sommige van julle se lewens is klaar neergelê. Julle het mans of vrouens en julle het kinders om te versorg. Ander is weer vry en het ernstige keuses om te maak: bly in die wêreld en jaag rykdom na of los die wêreld om na sy eie belange om te sien en volg Jesus!
Jesus roep jou tot ‘n Heilige Lewe saam met Hom, maak nie saak watter tipe lewe jy vir jouself kies nie. As jy ‘n Heilige Leefwyse kies, gaan jy later vind dat dit al hoe moeiliker is om in hierdie wêreld te lewe.
Sit Jesus heel eerste in alles wat jy doen en dan sal alles wat jy doen geseënd wees! Leer jou kinders om alles wat hulle doen te doen uit liefde uit en om nie iets terug te verwag nie. Die wêreld gaan van jou kinders verwag om te kompeteer, maar in jou huis behoort daar geen kompetisie te wees nie, net liefde.
In die wêreld word ons geleer om ander te oorkom met ons talente, maar in die Hemel gaan jy geleer word om net jouself te wees en te skyn as die unieke siel wat Jesus jou gemaak het. In die Hemel help almal mekaar gedurig, want daardeur verbeter hulle hulleself. Kompetisie en liefde kan nie langs mekaar staan nie, want liefde gee sonder voorbehoud terwyl kompetisie sy eie selfbehoud soek.
Enige probleem wat jy mag hê en wat jy nie kan weg bid nie, kan jy met sekerheid aanvaar dat Jesus dit toelaat as ‘n offer aan Hom. Ek weet julle gaan nie nou verstaan nie. So ‘n ruk gelede het ek geskryf oor “Dra mekaar se laste”. In daardie gedeelte het Jesus gesê dat Hy toelaat dat ons van tyd tot tyd ander se laste dra sodat die een hom nie dood dra nie. Dit kan gebeur dat jy eendag die vreeslikste dag denkbaar het waarin alles net verkeerd gaan. Jy bid en bid, maar daar kom geen deurbraak nie. As jou lewensmaat dan by die huis kom kan hy of sy nie ophou praat oor die wonderlike dag wat hy of sy gehad het nie. Dis wanneer Jesus toegelaat het dat jy jou maat se laste dra om dit makliker vir hom of haar te maak.
Hierdie is alles deel van teen die Heilige Berg uitklim. Opofferinge gaan gemaak word en jou gehoorsaamheid gaan getoets word, maar as jy alles uit liefde doen, dan is die stryd gewone! Doen daarom alles wat jy vir mense doen uit liefde uit asof jy dit vir Jesus self doen.
Dis ook waarom dit so belangrik is om jou vyande lief te hê. Hulle wat jou doelbewus seermaak; bid vir hulle en seën hulle, want daar is geen groter en suiwerder opoffering van liefde as dit nie. Jou gebede vir jou vyande is op daardie oomblik ongelooflik kragtig as gevolg van die skade wat hulle jou berokken het.
Hoe meer moeite dit jou kos om te doen wat jy graag wil doen, hoe meer vrug sal dit vir jou dra en hoe verder sal jy teen die berg op vorder. Moet ook nie vergeet om Jesus te vra vir Sy hulp nie, want ons kan dit nie op ons eie doen nie.
“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (Johannes 15:5)
Dis ook waarom jy elke dag eerste saam met Jesus moet begin sodat Hy jou kan voorberei vir die dag se groei.
Mag die HERE hierdie boodskap aan almal wat dit lees se harte seën!