Vergewe jou naaste en vertrou op die HERE

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Jesus se leiding in ons lewens is in die meeste gevalle sagkens, maar as ons nie gehoor gee nie, dan is die leiding hardhandig.

Jesus se begeerte is dat ons moet gereed maak vir Sy koms as Hy Sy Bruid gaan kom haal. Dis daarom belangrik dat ons moet afskeid neem van hierdie wêreld, want dit kan ons geen geluk meer bring nie. Deel van hierdie gereedmaak proses is om ons naaste hulle oortredinge teen ons te vergewe.

Die beste manier om hierdie boodskap oor te dra is om julle van my eie ondervinding te vertel. So gebeur dit dat my Bybel oopslaan by Lukas 11 waar Jesus se dissipels hom vra om hulle te leer bid. Ek het die gedeelte eers baie vreemd gevind, want ek weet mos hoe om te bid, so waarom nou hier, maar toe ek vers drie en vers vier lees, toe begin ek verstaan.

gee ons elke dag ons daaglikse brood;” (Lukas 11:3)

Jesus wil hê dat ons ons vertroue geheel en al op Hom moet plaas en ek bedoel ALLES! Moenie bekommerd wees oor enige iets nie. Ons gaan binnekort dinge in hierdie wêreld sien gebeur wat skrikwekkend is. Dinge wat hierdie wêreld gaan skok tot in sy fondamente in. Daar is reeds baie skrikwekkende dinge wat plaasvind: aardbewings; tot in Suid Afrika, peste, droogtes, natuur rampe en nog baie meer. Die Bybel sê vir ons dat hierdie dinge net die begin is en dis waarom dit belangrik is dat ons ons nie moet bekommer nie. Soos die Bybel sê; as ons hierdie dinge sien gebeur, moet ons weet dat ons verlossing naby is! Moet jou dus nie bekommer nie. Plaas al jou hoop en vertroue op Jesus, want Jesus sal jou nooit verkeerd lei nie! Weet ook dat jy deur die Gees beskerm word. Satan het geen mag oor jou nie, behalwe wat jy toelaat.

Weet daarom met vertroue dat niks met jou sal gebeur nie, want Jesus sê in Sy Woord dat “…watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee; of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee?” (Lukas 11:11-12) As jy vir Jesus vra om jou te beskerm, dan sal Hy dit doen, want soos Hy sê is Hy nie die Vader wat vir jou ‘n klip sal gee as jy vra vir brood nie! AMEN!

Nou kom ons by die belangrike gedeelte: “en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is;” (Lukas 11:4)

Hierdie is ‘n uiters belangrike gedeelte: vergifnis aan die wat teen ons oortree het! Ek weet nie hoeveel tyd ons oor het nie, maar as daar iemand is wat jou te nagekom het; vergewe daardie persoon dan. Ons kan nie vir Jesus in die lug ontmoet as ons swaar bagasie het wat ons saam met ons wil vat nie. Raak daarom ontslae van daardie bagasie! Maak nie saak wie se skuld dit is of wie reg was en wie verkeerd nie. Niks hiervan is belangrik nie, behalwe dat jy jou oortreder vergewe soos Jesus jou oortredinge ook vergewe. Volg Jesus se voorbeeld wat Hy vir ons gestel het toe Hy op aarde was. Dis die beste voorbeeld om te volg!

Hierdie is ‘n korter my gewone boodskappe, maak hierdie is baie belangrik vir Jesus dat julle hierdie dinge moet weet. Bêre dit in jou hart en vat dit elke dag saam met jou. Ons tyd is baie min. Binnekort gaan ons saam met Jesus wees, maar eers moet daar dinge gebeur wat hierdie wêreld gaan skok. Moenie bekommerd wees nie, want Jesus sal jou nie begewe nie!

Prys die Naam van Jesus en mag Hy hierdie boodskap aan julle harte seën!

(Visited 265 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .