Vleeslike versoekinge, die wegraping en naaste liefde

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Baie mense vergeet dat Jesus ons ken op ‘n vlak wat ons onsself nie eers ken nie en dat Hy verstaan ons en hoe ons gaan optree.

Jesus verstaan hoe ons liggame werk; hoe ons hormone werk en die geveg tussen siel en liggaamlike versoeking. Daar is niks om voor skaam te wees as ons voor Jesus kniel nie, want Hy is maar net te bewus van die versoekinge waarteen ons elke dag baklei.

Selfs al versoek satan ons deur die vlees terwyl ons bid, ignoreer Jesus dit totdat ons vir satan op sy plek kan sit. Satan het een van sy sterkste demone van vleeslikheid aangesê om die wat in die Gees wandel aan te val. Hierdie demoon is baie kwaai en sy doel is om almal met wie hy in aanraking kom, tot ‘n val te bring en in ‘n uiterse verleentheid te stel. Jesus weet egter van hierdie plan; Hy ken ons harte; Hy sien ons goeie voornemens en hoe ons gebuk gaan onder die aanvalle.

Wanneer hierdie gevoel van wellus deur jou gaan, plaas jouself voor die HERE. Kyk in Sy kalm gesig en hoor wat Hy vir jou sê: “Jy weet waar hierdie ding vandaan kom, so wat gaan jy daaromtrent doen?” Vra dan om hulp, want elke slag wat jy in skaamte wegkruip, word hierdie gevoelens net sterker. Wanneer satan sien hy is besig om te wen, dan word die aanval volgende keer net sterker.

Jou beste verdediging is om die gevoel te ignoreer en die onderwerp in jou gedagtes te verander. Bind die geeste van Luste in die Naam van Jesus, maar moenie vergeet om die geeste van Vernedering ook te bind nie, want die twee werk saam en die hele idee is om jou tot ‘n val te bring en te verneder. Verander dan die onderwerp en Prys die Naam van Jesus vir die oorwinning. As satan jou aankla van enige iets anders wat jy verkeerd gedoen het, bid dan vir vergifnis, maar hou aan om die Naam van die HERE groot te maak. As u ‘n paar kerk liedjies het wat u ken om te sing; sal dit baie help om die onderwerp dadelik te verander. U hoef dit nie hardop te sing nie, sommer in u gedagtes sal klaar help!

Hierdie tipe aanval is vernederend, maar die HERE weet dat hierdie aanvalle van luste nie by ons begin het nie. As ons weier om in te gee en weier om met satan saam te speel nie, dan is ons blaamloos voor die HERE.

Soos u weet, is die wegraping baie naby. Baie van ons is baie bekommerd daaroor, maar dit hoef nie so te wees nie. Leef u lewe in gehoorsaamheid tot God van oomblik tot oomblik. As u weet dat u moet werk of skool toe gaan, gaan dan, maar onthou dat die basuin enige oomblik kan blaas. Gaan voort met u lewe. As u wil trou of u beplan om nog ‘n kind te hê, gaan dan voort, maar onthou dat gehoorsaamheid aan die HERE eerste kom. Volg Sy plan vir u lewe eerste!

Weier om betrokke te raak by niksseggende praatjies oor wat as Hy nou kom óf wat as Hy môre kom óf wat as Hy eers oor dertig jaar kom. Hierdie is aanvalle van satan om u effektiwiteit aan bande te lê.

As Jesus vir u ‘n visioen oor die toekoms gegee het, moenie probeer om dit in u menslike raamwerk van tyd te probeer inpas nie. Dit kom neer op ongeloof. As Jesus vir u sê dat Hy iets in u lewe gaan doen, vra Hom dan om aan u te wys in watter rigting Hy wil hê dat u moet gaan. Moenie probeer om uit te redeneer of dit voor of na die wegraping gaan plaasvind nie.

Baie mense redeneer dat hulle lewens gaan ophou met die wegraping en dis glad nie waar nie! U lewe gaan verander met die wegraping, maar dit gaan nie ophou nie. Let daarop dat die wegraping geen invloed gaan hê op Jesus se plan vir u lewe nie en as Jesus ‘n belofte aan u gemaak het, sal Hy dit vervul, maar op Sy tyd, selfs na die wegraping!

Die tyd van die wegraping is so ‘n kosbare geskenk dat dit nie vir ons is om te weet wanneer dit vervul gaan word nie. Bêre hierdie geskenk diep in u hart. Maria het dit ook gedoen in Lukas 2:18 en 19 [18]  En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is; [19]  maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.”

Maria het geweet wat die HERE se plan vir haar was en alles wat sy gesien het, was tekens vir haar dat die HERE besig was om Sy plan te volbring. Sy het nie gevra wanneer hierdie dinge sou gebeur nie, maar sy het geweet dat alles sou gebeur wanneer die tyd reg was daarvoor. Dis vir Jesus ‘n absolute plesier as ons dit ook so doen, want dit wys hoe sterk ons geloof is. Maak nie saak wat besig is om nou te gebeur nie of hoe sleg dinge nou lyk nie; weet dat vir die HERE niks onmoontlik is nie!

Niks is vir die HERE meer gerusstellend as om te sien dat ons, Sy kinders, glo en handel volgens Sy Woord in ‘n wêreld waar God net ‘n miete geword het wat met mense se lewens en die elemente speel nie.

Soos u deur die Kersseisoen gaan, onthou van naaste liefde. U is nie net op aarde geplaas om spasie op te neem nie. U is op aarde geplaas vir ‘n doel. Laat elke oomblik tel, nie met nodelose spekulasie nie, maar met gehoorsaamheid teenoor die Woord van die HERE.

Seën die wat minderbevoorreg as u is en help die wat swaar kry. As u iemand sien wat honger is, gee vir die persoon kos; nie geld nie. As iemand se motor nie wil aanskakel nie, help. As hy ‘n ander battery nodig het en u kan dit bekostig, koop vir hom een. As u ‘n vrou sien sukkel om haar inkopies in die motor te laai terwyl sy met haar kinders sukkel, help. Die wêreld is vol sulke geleenthede, want die HERE maak seker daarvan!

As u lief is vir die HERE, sal u Hom gehoorsaam en u sal nooit weer bekommerd hoe te wees oor u toekoms of die wegraping nie, want u sal die lig van die HERE in u hê en dit na buite uitstraal en die HERE sal u na Hom te neem as die tyd reg is!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 207 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , , .