Daar is ‘n pad wat vir die mens reg lyk

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Jesus het jou oneindig baie lief; meer lief as wat ek in woorde kan uitdruk. Daarom wil ek hê dat julle hierdie boodskap baie aandagtig moet lees, want ons tyd is min…

Ek het vanoggend ‘n droom gehad… Ek weet nou nog nie of dit ‘n gesig of ‘n droom was nie… Ek het ‘n vertrek gesien soos ‘n wagkamer met die mooiste stoele in. Sommige van die stoele was om tafeltjies gerangskik en ander het hoë rugleunings gehad en die het eenkant gestaan. Die hele vertrek het getuig dat geld geen faktor was in die versiering daarvan nie.

Ek het eenkant gaan sit op een van die stoele wat ‘n hoë rugleuning gehad het. Ek het bewus geword van iemand wat in die stoel langs my sit, maar ek kon nie uitmaak wie dit was nie. Sy stoel was so gedraai dat ek net die persoon kon sien nie, maar ek het geweet dat daar iemand in was.

Nog mense het in die vertrek opgedaag. Almal was in ‘n feestelike luim en baie bly om daar te kon wees. Die mense het vrolik met die wat reeds opgedaag het begin gesels. Die man langs my het niks gedoen of met enige niemand gesels nie. Al wat hy gesê het was: “Die poppe gaan nou-nou begin dans.” Ek kon nie verstaan wat hy bedoel nie.

Die vertrek het al hoe voller geword totdat dit heeltemal vol was. Iets soos ‘n klokkie of ‘n gonser het iewers afgegaan. Die man langs my het gesê: “Nou gaan die poppe dans!” Skielik het die lelikste gedrog wat ek nog ooit gesien het deur die venster ingekom. Al wat ek kan onthou was dat dit ‘n lang kleed gekleed gedra het en dat die ding ‘n vreemde mis om hom gehad het. Die mense in die vertrek het gegil van vrees. Ek kan onthou dat ek gesê het: “HERE, help ons asseblief!”

Die volgende oomblik het alles tot stilstand gekom en het die volgende vers in die Bybel by my opgekom: “Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” Ek het die vers later gaan opsoek en dit in Spreuke 14:12 gevind.

Liewe Kind van die HERE, ek is nie iemand wat droom of gesigte sien nie. As die HERE die dag vir my iets soos dit laat sien, dan beskou ek dit as ‘n baie ernstige waarskuwing wat ek moet uitstuur! Die tyd van die wegraping is baie naby, maar dit beteken ook dat die tyd wat satan oor hierdie wêreld gaan regeer net so naby is.

Satan se mag oor hierdie wêreld raak al hoe sterker, maar hy sal nie kan oorwin solank wat ons (die wat met hulle gebede terughou) nog hier is nie. Kyk maar hoeveel geweld is daar. Kyk maar hoeveel korrupsie is daar en die ergste is dat mense dit beskou as normaal… Dis die pad waarvan Salomo praat wat vir die mens reg lyk. Vir hulle luk dit wat hulle doen reg, maar hulle sien nie die uiteinde van hulle dade nie omdat hulle deur satan verblind word.

Liewe leser, loop jy ‘n pad wat vir jou reg lyk of is jy op die regte pad? Jy moet weet dat dit nog nie te laat is om vir die HERE te vra om jou pad vir jou reguit te maak nie. Bekeer jou van jou verkeerde weë sodat die HERE jou kan genees! Jy moet weet dat die hel ‘n werklikheid is en dat duisende mense elke dag daarheen gaan met geen kans van redding ooit nie! Dit hoef nie jou lot te wees nie, want “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16) Hierdie belofte is vir jou gemaak, liewe leser!

Die HERE wil nie hê dat jy verlore moet gaan nie. Hy het spesiaal plek vir jou gaan maak in die Hemel saam met Hom sodat jy vir altyd saam met Hom kan wees. Al wat jy moet doen is om nou op jou knieë af te sak en te vra dat jou sonde vergewe moet word. Jy sal weet as die HERE nou met jou praat, want jy sal dit aanvoel. Sak nou af op jou knieë en vra die HERE om jou te vergewe en in jou hart te kom woon. Moet asseblief nie meer uitstel nie.

Prys die Naam van Jesus!

image_pdfLaai afimage_printDruk