Die tyd is amper om!

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Ek hoef seker vir niemand te sê hoe naby ons aan die dag van die HERE is nie. Ongelukkig is daar net so baie van julle wat vreeslik nuuskierig is oor die manier hoe dit gaan afspeel en is julle baie ongeduldig as dinge nie gebeur soos julle gelees het nie.

Die HERE sê dat julle moet weet dat julle gebede ‘n ongelooflike groot hoeveelheid van die kwaad wat veronderstel was om plaas te vind terughou. Ek kan julle verseker dat dit net so frustrerend vir die vyand is, want alles wat hy beplan om te gebeur word in die spore gestop en stort letterlik om hom inmekaar! Hou dus op om soos Jona te kla! Julle kry meer reg as wat julle besef!

Die HERE weet dat die gewig wat julle dra baie swaar is. Elke dag probeer die vyand om ‘n oorlog te begin en elke dag word daar groter stappe tot vrede geneem as gevolg van julle gebede. Die gewig mag swaar wees en dit mag lyk of julle niks bereik nie, maar elke oorwinning tel!

Die HERE weet dat dit nie die gewig is wat ons pla nie, maar wanneer die wegraping gaan plaasvind, maar moenie soos Jona kla nie. Vertrou dat die HERE in beheer is en dat Hy weet wat Hy doen. Bly besig met die taak wat die HERE jou opgelê het en doen so veel as moontlik goed as wat jy kan tot die laaste oomblik. Hou op om tyd te mors deur te probeer uitwerk wat volgende gaan gebeur. Bly eerder in gebed; bly waaksaam en maak seker dat jy nie omkant gevang word as dit gebeur nie.

Jy kan baie goed doen as jy nie so baie tyd bestee deur eers na die een en dan na die ander een te luister nie. Spandeer eerder jou tyd deur bewyse van jou liefde vir die mensdom te los. Los instruksies aan jou geliefdes, briewe, advies, dinge wat hulle sal kan gebruik as jy nie meer hier is nie.

Hier wil ek byvoeg dat daar op die Suider Kruis webruimte ‘n skakel is na ‘n leer wat op ‘n USB stokkie gesit kan word vir jou geliefdes om te gebruik na die tyd. Jy kan sover gaan as om die inligting te druk vir hulle en in ‘n koevert te plaas en dan weg te bere.

Die Bybel is baie spesifiek as daar gesê word dat ons die dag en die uur nie sal weet nie, maar ons sal weet as die tyd naby is. Ek kan julle verseker dat die tyd vreeslik naby is. Moet dus nie gevang word sonder olie in jou lampie nie. Gebruik die tyd wat tot jou beskikking is met wysheid en moenie besig raak met ydele vermaak en skinder stories nie.

Bid, hoop en moenie bekommerd wees oor dit wat rondom jou gebeur nie. Bid en produseer goeie vrug, of dit nou is deur onderrig aan die wat onseker is of aan die wat onvoorbereid is. Bewys liefde aan die wat in nood is.

Die HERE weet dat julle sukkel tussen die idee om huis toe te kom en die idee om meer goed te doen. Vir baie van julle is dit ‘n stryd van epidermiese proporsies. Elke dag voel jy uitgemergel en moeg tot in jou siel in as gevolg van die wêreld.

Bly asseblief weg uit die dinge van die wêreld uit. Weet dat die wete om te weet wanneer die HERE gaan kom ‘n demoon is wat daarop uit is om net jou tyd te mors. Dis nou die bietjie wat oor is waarin jy so baie goed kon gedoen het.

Daar is werklik gee rede vir jou om te weet wanneer die HERE gaan kom nie. Al wat jy nodig het, is om getrou te bly aan die HERE en te doen wat aan jou opgelê is om te doen. Moet ook nie bekommerd wees oor jou geliefdes wat gaan agterbly nie, wat die HERE het reeds voorbereiding gemaak vir hulle. Alles wat hulle mag nodig kry, is reeds gereed.

In 2 Tessalonisense 2:7 skryf Paulus die volgende: “Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;”

Hier word van ons geskryf, die liggaam van die HERE. Ons en ons gebede is die wat terughou!

Paulus gaan voort in vers 8-10: “en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.”

Verstaan julle? Eers moet die liggaam van die HERE, ons, uit die weggeruim word sodat die Antichris tot sy reg kan kom om die wat nie wil glo of gered wil word nie, met ‘n leuen en allerhande tekens en wonders te verlei.

Moet dus nooit dink dat jou gebede niksseggend is nie. Jy is ‘n aktiewe lid in die liggaam van die HERE en jy is een van die baie wat elke dag terughou! Prys die Naam van Jesus!

Alles is gereed vir die koms van die HERE. Dit kan enige tyd plaasvind! Hou dus aan met werk tot die basuin blaas as teken dat jou werk op aarde verby is. Moenie moed verloor nie! Jou beloning wag! Prys die Naam van die HERE!

(Visited 149 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , , .