Gebede van die hart

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Soos ons in hierdie laaste tyd inbeweeg, beplan satan om baie van ons van die HERE af weg te rokkel met bekommernisse en moedeloosheid.

Hou vas wat julle het en fokus net op Jesus. Tree op soos die kaptein van ‘n groot skip, want net een graad na die verkeerde kant toe kan maak dat jy jou bestemming heeltemal mis! Ons is almal groot skepe vir Jesus, want is ons volgelaai met skatte wat deur Jesus aan ons toevertrou is. Daarom, bly op koers en wees waaksaam.

U grootste veiligheid lê in ‘n heilige leefstyl en u weiering om ander te oordeel. Baie mense het baie opinies, maar nie alle opinies kom van Jesus af nie. As u voel dat u besig is om u vrede te verloor, wees dan op u hoede, want dit is satan se nommer een manier van aanval! Om te oordeel maak dat u skip lek en so gaan baie van Jesus se genade verlore. Die oordeel kom Jesus toe en die veiligste vir ons is om alle vorme van oordeel te vermy.

Die engele van Jesus werk oortyd in hierdie laaste tyd om die wat nog verlore is in te bring. Moet dus nie die krag van u gebede onderskat nie. U hoef nie hard en met krag te bid en vol mooi woorde te wees om met Jesus te praat nie. Jesus het mos gesê dat hy die wat in die geheim dinge doen in die openbaar sal vergelde! Dit gaan alles oor die voorneme van die hart. As u uit die diepte van u siel uitroep oor die lot van ‘n ander, dan tree Jesus dadelik op. U gebed word hard en duidelik in die hemel gehoor ongeag van die woorde wat u gebruik. ‘n Gebed soos die is so kragtig dat tot die engele op aandag staan!

Wees baie versigtig vir die Fariseërs gees wat aandring dat Jesus net aandag gee aan formele gebede. U gebede maak nie saak hoe eenvoudig nie, is NOOIT waardeloos is of oneffektief nie. Dis alles leuens van satan en daarop gemik is om u effektiwiteit te laat afneem. Weet dat Jesus tot aksie oorgaan as u uit u hart uit intree vir ‘n ander. Pas dit toe in hierdie laaste tyd, want dit sal die oes wat inkom net groter maak!

Weet dat u as Bruid van Jesus ongelooflik mooi is. Die vyand haat dit en hy kan dit nie hanteer as u broederlike liefde wys teenoor u naaste nie. Dis waarom u gedurig geteiken en aangeval word, maar u waaksaamheid en gehoorsaamheid sal u in die vrede van JESUS laat wandel.

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 297 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .