Oorlog Dromme in die Hemel

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Oorlog dromme word in die Hemel geslaan. Hulle slaan, want die Vader se hart is swaar as Hy sien wat die vyand alles aan Sy kinders doen…

Die arm en die onskuldiges wat vreeslik swaarkry. Daarom is God die Vader is besig om ‘n einde voor te berei vir die wat bose dinge doen. Baie gaan gered word in hierdie laaste tyd, baie op bonatuurlike wyse as gevolg van die gebede van die Here se Bruid.

Oordeel moet ongelukkig oor die aarde kom, maar die HERE se hart is sag vir Sy Bruid en Hy het geluister na die gebede vir haar familie. Engele is reeds aangewys om die werk uit te voer. Baie genade sal aan die families van die HERE se Bruid toegestaan word, want sy van alles mense is die hardste getref deur haar familie.

Daar is niks maklik aan dit wat moet gebeur nie, maar die HERE wil nie hê dat ons nie afgelei moet word as ons sien wat met familielede gebeur nie. Ons moet weet dat die HERE hulle meer lief het as wat ons ooit sal besef, want Hy het aan die kruis gesterf en bloed gestort vir elkeen van hulle. Die HERE sal nooit opgee op hulle nie, selfs nie op die hardste van harte nie. Ons kan gerusstelling vind in die feit dat die wegraping baie gaan skok tot in die realiteit wat hulle so hard probeer het om te vermy.

Die voorbereiding is reeds gedoen, al kan ons dit nie sien nie. Sodra die wegraping plaasvind, gaan die harde dop breek en gaan hulle hulle harte vrylik aan die HERE gee met baie berou. Die een ding wat ons nou solank kan doen is om hulle te oorskadu met liefde en vergifnis, want dit is die sleutel tot enige hart, maar nie saak hoe hard nie. Die verkeerde ding om nou te doen is om te preek oor die oordeel en die hel. Dit gaan hulle harte net nog harder maak en hulle nog verder van die HERE af wegdryf.

Julle gaan verbaas wees om te weet dat baie van die wat weier om die HERE te volg reeds weet dat hulle op pad hel toe is, maar hulle kan hulleself net nie sover kry om daardie verandering te maak nie. Die wegraping gaan dit alles verander. In ‘n oogwink gaan baie besef dat die HERE ‘n werklikheid is en dat die hel ‘n werklikheid is, net so ‘n werklikheid soos wat ons was voor ons van hierdie aarde verwyder is.

Die hardste vir die HERE is al die siele wat sal verlore sal gaan in die oorloë en die katastrofes wat gaan volg. Siele wat nooit die oorgawe gemaak het of tyd gemaak het vir die HERE nie. Siele wat net belang gestel het om die luste van die liggaam te bevredig.

Oorlog woed in die hemel op hierdie oomblik om siele na die HERE te bring in hierdie laaste uur. Daar is ‘n groot oes van siele en dit is alles is deel van God se plan om die sleg wat die vyand beplan het te gebruik om goed mee te doen en daardeur die wat verlore is terug te bring na die HERE.

Satan weet dat sy tyd min is om die Bruid van die HERE te versoek, daarom gaan hy al die stoppe uit trek. Baie van julle gaan swakhede ontdek wat julle nooit geweet het bestaan nie. Onthou dat trots in enige vorm jou grootste vyand is! Jou enigste verdediging is nederigheid. Lê laag liewe leser, so laag soos jy nog nooit was nie sodat die wind bo-oor jou kan waai. Hoe laer jy is, hoe minder gaan jy versoek word. Laat die mense maar trap op jou. Binnekort gaan die HERE ons kom haal en ons oprig om saam met Hom te regeer! Dan sal hulle sien op wie hulle getrap het!

Bly gefokus geliefdes. Bewaar u hart vir die HERE sodat ons reünie in die wolke ‘n gelukkige een kan wees!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk