Jy is My Bruid

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

HERE, help ons om te verstaan hoe kosbaar ons in U oë is en dat U liefde groter is as wat ons ooit sal kan verstaan. Amen!

Vandag se boodskap kom van die HERE. Die HERE weet dat die daaglikse lesse nie maklik is nie en dis waarom hierdie boodskap bedoel is as vir sy Bruid; om moed te skep vir die pad vorentoe. Prys die Wonderlike Naam van die HERE!

“My geliefdes, hou op om bekommerd te wees of jy geneem gaan word in die wegraping. Soos Ek al baie keer gesê het, solank as wat jy wegdoen van sonde en jou beste doen om nie daarby betrokke te raak nie, sal jy geneem word. As jy val, kom dan na My en Ek sal jou onmiddellik vergewe en herstel. Daar is magte aan die werk wat bokant jou vermoë is om nou te verstaan. Hierdie magte het generasies van verslaafdes gemaak en baie val gedurigdeur as gevolg daarvan.”

“Ek sien die geveg was jy elke dag deurmaak. Ek sien jou trane as jy val en hoe hart jy probeer om met sonde weg te doen. Moet dus nie bang te wees om na My te kom as jy val nie. Ek wag vir jou met ope arms. Julle moet verstaan dat Ek alles omtrent julle lewens sien. Ek weet wanneer jy werklik hard probeer en wanneer nie. Ek is ‘n God van vergifnis. As jy jou beste doen en nog steeds vaal, dis dan wanneer nederigheid diep in jou siel inwerk. Het ek dan nie gesê dat die tollenaars en die prostitute die wat self geregverdig is, vooruit in die hemel sal gaan nie? (Mattheus 21:31) Natuurlik het Ek! Of jy nou daarvan bewus is of nie, jou nederigheid weerhou jou dat jy by die aansluit wat hulle gedurig op die skouers klop omdat hulle nie soos ander is nie.”

“Wanneer Ek jou toewyding sien, jou daaglikse stryd, jou nuwe voornemens, jou self-ondersoek van jou gewete en jou self-regstelling, dan is Ek verheug dat so ‘n mens sy lewe aan My gegee het. Ek vind groot troos en blydskap in die harte van diegene soos hulle nader aan My getrek word. Ek sien hoe jy treur as jy My teenwoordigheid nie voel nie, alhoewel ek die hele tyd by jou is.”

“Ek sien hoe jy jouself oor en oor aan My toe wei, soms elke uur, soms elke dag terwyl jy sê ‘Ek begeer jou met my hele hart, Jesus. Ek het Jou lief met my hele hart.’ Ek hoor hoe jy uit jou hart uit uitroep: ‘HERE, wees hierdie siele genadig!’ Dit verheug my as Ek sien hoe getrou jy is en dit maak My oneindig baie bly.”

“Hoe kan Ek aan jou beskryf die blydskap wat jy My bring? Jy is soos ‘n tuin vol vars rose in verskillende kleure, waarvan die reuk opstyg. Jasmin en Laventel groei in oorvloed. Weggesteek tussen die rose is die lelies wat hulle reuk afgee. Ja, jou goeie dade manifesteer soos ‘n bonatuurlike geur aan My en almal in die Hemel. Dou druppels rol van elke roosblaar af en skitter met ‘n pragtige reënboog van kleur. Die voetpaadjies tussen die blomme is van agaat en vertoon ingewikkelde patrone wat die heuwels van die hemel weerspieël.”

“Die voëls wat nesmaak in jou tuin sing van blydskap in hierdie tuin van aanbidding en vrede. Hulle maak hulle kleintjies groot op die beste saad en vrugte. Jou vrugte bome dra gedurig die mooiste en die beste vrugte. Hierdie oorvloed bring voeding aan ander wie se tuine nog nie in volle blom is nie. Selfs al spandeer Ek die res van die tyd om aan jou te beskryf hoe mooi jou siel is, kan Ek dit nie alles in woorde omsit nie. Ek gee jou net hierdie kort beskrywing sodat jy kan verstaan wie jy werklik vir My is.”

“Die uitroepe van die verdruktes is heeltyd teenwoordig in My gemoed en Ek het julle tuine nodig om deur te wandel. Dit verheug My as Ek sien hoe seëninge op goeie grond val en goed vrug dra. Dit bring vreugde aan My siel as ek sien hoe verfrissend en bemoedigend jy is. Dis waarom Ek my seëninge rondstrooi sodat hulle uiteindelik op goeie grond moet val en ‘n waardige oes voort kan bring.”

“As Ek sien hoe my seëninge vermors word en mense uitroep na My, dan word Ek baie hartseer. Het Ek dan nie goeie saad geplant nie? Het Ek dan nie water gegee, bemes en gesnoei nie? Waar is My oes dan?”

“Jy, My getroue Bruid, is die antwoord tot My gebede. Deur jou bereik ek baie desperate siele. Ek het nooit gesê dat jy perfek in elke opsig moet wees nie, net dat jy perfek moet wees in jou liefde vir My en jou medemens. Wanneer jy jouself uitgee om net dit te bereik, dan sal Ek met jou wees en saam sal ons die verlorenes inbring.”

“Hou dus op om bang te wees. Ek kom om jou te kom haal. As jy val, hardloop dan na My toe en vra om vergifnis. Staan dan op met nuwe moed vol van my seëninge en probeer dan weer. Die feit dat jy bereid is om weer op te staan is klaar ‘n seëning op sy eie en bring groot vreugde aan My. Baie gou sal jy al hoe minder val soos jy leer hoe baie lief Ek jou het en dat jy jou geensins oor enige iets hoef te bekommer nie. Die magte van die vyand sal hulle houvas op jou verloor.”

“Kom dus na my, my Bruid en moenie na die leuens van die vyand luister nie. Ek gaan kom om jou te kom haal. Jou hoop en geloof gaan nie beskaam wees nie! Jy ken my reeds as die God van Genade, maar dan gaan jy my leer ken as die God van Glorie as ek jou liggaam verander dat dit soos Myne is.”

My susterbruid is ‘n geslote tuin, ‘n geslote bron, ‘n verseëlde fontein. (Hooglied 4:12)

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 239 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , , .