IS JY WAARDIG?

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek het ‘n baie nare droom gehad waarin ek gedroom het dat die wegraping plaasvind en dat een van my beste vriende wat ‘n geredde Kind van God is, agter gebly het.

Ek vra myself nou die vraag af; hoeveel van ons is werklik gereed? Ek is oortuig daarvan dat baie dink hulle is gereed, maar dat julle nie werklik is nie. Hoeveel Geredde Kinders van die HERE gaan agterbly omdat hulle dink dat hulle gereed is? Hoeveel gaan met spyt en verbasing op hulle gesigte staan die dag as hulle agterkom dat hulle agtergelaat is?

Liewe leser, dit gaan hier oor meer as kerk toe gaan, Bybel lees en om gered te wees! Dit gaan oor jou verhouding met die HERE! Ken die HERE jou op ‘n intieme en persoonlike vlak? Staan jy met beide voete stewig geplant in die rots JESUS? Of is een van jou voete nog in die wêreld geplant? Laat  jy die Heilige Gees toe om deur jou te vloei en jou daaglikse lewe te beïnvloed? Of neem jy nog jou eie keuses en bepaal jy nog self wat reg is vir jou? Vra jy nog daagliks onverskoning vir jou oortredinge of is die altaar in jou huis afgebreek en die klippe daarvan ver en wyd verstrooi?

Hierdie is dinge wat bepaal of jy waardig gaan wees om dit wat kom te gaan mis of nie. Die sleutelwoord is waardig! Baie dink hulle is, maar hulle is alles behalwe. Julle weet, ons kan dinge vir die mense wegsteek en ons kan voorgee dat ons iets is wat ons nie is nie, maar jy kan nie vir GOD flous nie! GOD sien wat jy nie wil hê gesien moet word nie! GOD kyk diep binne in die hart in en ontbloot dit wat jy werklik is!

Nou vra ek weer: IS-JY-WAARDIG? Dink mooi voor jy antwoord!

Iemand wat waardig is dien die HERE in gees en in waarheid. Die HERE is so iemand se leidsman en sy vertroueling. Iemand op wie staatgemaak kan word. Iemand op wie mens kan vertrou al lyk dinge hoe sleg, wetende dat die HERE weet wat Hy doen, selfs al weet jy nie! Vir iemand wat waardig is, is die HEILIGE GEES ‘n metgesel en vertroueling. Jy koester die verhouding met die GEES soos jy die verhouding met jou man/vrou/meisie/kêrel koester. Jy doen niks wat die verhouding kan skaad nie en jy doen ook niks wat die GEES kan ontstel in terme van sonde nie. Dink jy nog steeds jy is waardig?

Gaan op jou knieë en doen dit nou. BID soos jy nog nooit gebid het nie. Vra die HERE om vir jou te wys wat verkeerd is in jou lewe sodat jy dit kan regmaak. MOENIE uitstel nie! Die horlosie se sekondewyser tik en die tyd is byna om!

Ek gaan vandag vir julle wat hierdie lees ‘n waarborg gee. Die van julle wat gereelde lesers is gaan weet dat ek dit nog nooit gedoen het nie, maar ek waarborg julle dat daar van julle is wat hierdie boodskap gaan lees en nog steeds nie gereed gaan wees nie! Ek draai glad nie doekies om nie. Tyd vir sagte woorde, mooi praat en smeek is daar nie meer nie. Die gaan HERE kom en HY gaan vir niemand wag nie! As jy nie gehoor wil gee nie, GAAN jy agterbly! Moenie dat jy te lig gevind word nie!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 291 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .