Tyd is min My geliefde kinders

tyd-is-min-my-geliefde-kindersHierdie week het ek ‘n boodskap vir julle van die HERE wat deur ‘n profetes in Amerika uitgespreek is.

Ek gaan oor die komende weke nog van haar boodskappe met julle deel, want haar boodskappe is vir my ‘n inspirasie en ek weet dat dit vir julle ook gaan wees.

Jesus sê: “Tyd is min My geliefde kinders. Ek is nog steeds van plan om julle binnekort te kom haal, maar sommige van julle is nog steeds nie gereed nie. Seksuele immoraliteit is ‘n sonde en dit sal jou siel hel toe vat as jy nie afstand doen daarvan nie. Om afstand doen van sonde is die eerste stap om gereed te kan wees vir My. Dit wat die wêreld julle leer is verkeerd en het net een doel en dit is om jou siel voor te berei vir die vure van die hel. Om te slaap met iemand wat nie jou man of jou vrou is nie, is ‘n sonde en sommige van julle hou aan om dit te doen! Hou op hiermee en word ernstig met My! As jy My regtig liefhet, sal jy My gehoorsaam en afstand doen van sonde. Doen dit nou en moet dit geensins langer uitstel nie!

Kyk, Ek kom gou! Sommige is reeds gereed, maar ander is meer as gereed en hulle wys die pad aan vir die wat nog nie heeltemal gereed is nie. Dit het julle baie gekos om tot hier te kom, maar julle voete is stewig geplant in geregtigheid. Ander volg die voorbeeld wat julle stel! Gaan voort, stry die goeie stryd, maar julle gaan ongelukkig nie veilig wees voor Ek nie gaan terugkom om julle te kom haal nie. Gaan voort om ander te lei en leer hulle wat Ek julle geleer het om te onderhou. Die wat julle volg hou julle dop en julle dra goeie vrugte vir die Koningryk van die Hemele. Binnekort gaan ek aan julle sê: Mooi so, goeie en getroue dienskneg. Kom in en geniet die vreugde van jou Heer!

Van julle het uiteindelik vry gebreek van die mag van geld en roem. Julle het geleer om hierdie wêreld te verafsku. Ek is besig om julle ook voor te berei vir die Hemel. Moenie dink dat die veranderinge in julle karakters ongesiens verby gaan nie. Hierdie veranderinge word veral deur julle families raakgesien en hulle wonder of julle nie tog reg was om My deel van hulle lewens te maak nie. Jou lig skyn helder en dit trek mense na My toe aan. Mooi so! Geniet die vrugte van jou arbeid, maar moet nie toelaat dat jy terugval nie. Die tyd is min. Hou vas aan die goeie en hou aan om die onkruid uit die tuin van jou hart te verwyder. Daar wag ‘n groot beloning vir julle in My Koningryk!

Sommige van julle lê in julle siekbeddens en brand van liefde vir die My en die mens. Julle brand van begeerte om ‘n meer aktiewe rol te speel in die redding van siele. Wat julle nie besef nie, is dat daar geen meer aktiewe rol is om te bid nie. Julle is die as van die wiel en julle reik uit na die hele wêreld deur die speke van die wiel tot by die rim met julle gebede. As julle op die rim was soos die wat in die veld werk, dan sou julle nie so ‘n invloed gehad het soos die wat bid in die middel nie. Kan daar ‘n beter plek wees as die middel van die wiel? Julle gebede bepaal die rigting van die geskiedenis. Julle hemelse beloning gaan ongekend groot wees! Julle selflose opoffering aan My het julle my vriende en bruid gemaak. Moet nie toelaat die vyand vir jou sê dat jy siek en waardeloos is nie. Ek weet alles oor die skiete en sy tyd loop nog voor jy gebore was en ek het geweet dat jy saam met My sou staan en sou intree vir verlore siele. Julle word baie hooggeag deur My; al kyk die mense op julle neer.

Vir die wat My Woord bedien wil ek sê dat julle moet toegee aan die vuur wat kom. Ja, Ek is besig om vuur uit te stort oor My Kinders en hulle sal my getuies wees oor die hele wêreld. Ontvang die vuur, vertroetel dit en blaas die vlamme aan. Laat jou lig helder skyn sodat alle mense My weerkaatsing in julle kan sien. Die vyand gaan probeer om julle te ontmoedig en daardeur te probeer om die vlamme dood te blaas, maar hou goeie moed! Hou aan om ‘n weerkaatsing van My te wees deur die hele wêreld. Nederigheid is jou wapen, want dit trek die wat seer het, die wat geen heenkome het nie en die wat My die nodigste het, aan. Hierdie mense het lank reeds die geselskap van die rykes, wat net op hulle neerkyk afgegee, maar hulle soek nog steeds vir vriendskap van die wat lief is vir My en nie vir hulle self nie. Hierdie bediening is essensieel tot My liggaam en baie, so vreeslik baie gaan laaste wees ten spyte van die feit dat hulle en hulle vriende dink dat hulle eerste gaan wees. Moenie jou nederigheid verag nie, want dis deur jou nederigheid wat My krag geopenbaar word.

Kom na My almal wat vermoeid en belas is. In My arms sal julle siele rus en vrede vind. Ek kan nie meer wag vir die oomblik wat ons van aangesig tot aangesig kan gesels en Ek jou gerus sal kan stel nie. Daar gaan nie een oomblik van die dag verby wat Ek nie aan jou dink nie en Ek sien uit na ons tyd saam in die Hemel. Kom na My!”

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 107 times, 1 visits today)